Kom saam met Weg en Mpafa Travel vir ’n 11 dae lange fototoer van Botswana, die Caprivistrook in Namibië en die Victoriawaterval.

Een van Weg se professionele fotograwe reis saam met die toergeselskap. Langs die pad leer jy jou kamera beter ken, en word jy touwys gemaak in die fynere kunsies van fotografie. Almal kry kans vir persoonlike terugvoersessies met die fotograwe. Die 11 dae lange toer neem jou na van die onvergeetlikste bestemmings n Botswana – jy sál met klassieke foto’s terugkeer.

Dis wat jy moet weet:

Hoe lank? 11 dae, 10 nagte.
Wanneer? 15-25 Maart 2018; 15-25 Julie 2018
Waarvandaan vertrek die toer?
Letlhakane, Botswana
Prys R14 950 p.p. (Verblyf in tente)

Die toerprys sluit in:

• ’n Professionele toerleier en ervare veldgids
• Drie smaaklike etes per dag
• Parktariewe, kampering en geadverteerde aktiwiteite
• Tweerigtingradio’s

Hier's die toerplan

DAG 1 Letlhakane na Kubu-eiland

DAG 2 Kubu-eiland na Maun: Botetirivier

DAG 3 Maun (opsionele vlug oor Okavangodelta)

DAG 4 Maun na Tsodiloheuwels (Wêrelderfenisgebied)

DAG 5 Tsodilo na Ngepi Camp (Namibië)

DAG 6 Ngepi Camp: besoek Mahango-wildreservaat

DAG 7 Ngepi Camp: rusdag of besoek BwaBwata- nasionale park

DAG 8 Ngepi Camp na Kasane

DAG 9 Victoriawaterval

DAG 10 Chobe- nasionale park

DAG 11 Tot siens!

BESPREEK NOU!

Bespreek jou plek  044 535 0065; info@mpafa.com. Gaan na mpafa.com vir reisplanne.