Inligtingsessies: Ons joernaliste help jou beplan aan 'n droomvakansie na Namibië en Botswana. Sien onder vir meer inligting.

ONTBYT – BOTSWANA

Só takel jy Botswana op ’n begroting - en, nee, jy't nie 'n 4x4 nodig nie! 

Tyd: 9 vm.

MIDDAGETE – NAMIBIË

Namibië is maklik om op eie stoom te besoek. Ons deel 'n paar van ons gunstelingroetes met jou.

Tyd: 2 nm.

* Elke sessie kos R550 p.p. en sluit kos en drankies in (R900 p.p. vir albei).

Plus: 'n Gratis Botswana- en Namibië-gids.

Wanneer?

24 Februarie 2018

Waar?

Gauteng:

Blue Crane-restaurant, Austin Roberts-voëlreservaat, Pretoria

BESPREEK NOU!

Kontak Donvé Myburgh:

021 443 9830; donve.myburgh@media24.com.


Wen 'n Botswana-vakansie!

Een leser wat deelneem aan ons Namibië- en Botswanawerkswinkels kan in ’n gelukstrekking ’n vakansie vir twee wen! Die wenners toer saam met Mpafa na die Okavango, Caprivi en die Victoriawaterval!

11 dae, 10 nagte ter waarde van R29 900. Lees meer oor dié toer hier.


Dit is wat jy moet weet:

Wat behels hierdie sessies?

Dalk droom jy van ’n selfrytoer na ons buurlande, Namibië en/of Botswana, maar weet nie hoe om só ’n projek aan te pak nie. Of dalk is jy bekommerd oor wat dit jou sal kos, en of jy die regte voertuig het. En wat van praktiese kwessies soos hoe om veilig deur die grensposte te kom, geldeenhede, padtoestande, ensovoorts?

Tydens Weg se inligtingsessies sal ons al dié vrae beantwoord en jou help om ’n reisplan saam te stel wat jou nie bankrot sal maak nie. Na afloop van die praatjies – wat toegelig word met inspirerende foto’s geneem deur ons joernaliste en kaarte wat alles netjies vir jou uitlê – kan jy jou kwelvrae stel, en ook jou eie reisplan met ons ervare joernaliste bespreek.

Tydens Weg se inligtingsessies sal ons al dié vrae beantwoord en jou help om ’n reisplan saam te stel wat jou nie bankrot sal maak nie.

 

Presies watter roetes is onder bespreking en wie lei die praatjies?

Ons verskaf algemene reisinligting wat betrekking het op Botswana en Namibië in geheel, maar verskaf dan meer detail oor spesifieke roetes.

François Haasbroek doen die aanbieding oor Namibië en deel sy kennis oor ’n puik roete deur die suidelike deel van Namibië wat onder meer klassieke bestemmings soos die Visriviercanyon, Kolmanskop, Keetmanshoop se kokerboomwoud en Sossusvlei aandoen. 

Dié roete is veral geskik vir mense wat Namibië vir die eerste keer besoek en ’n beperkte tyd vir hulle vakansie het. François gee ook ’n reisplan vir Damaraland, en hoe om só ’n roete uit te brei na Etosha, of selfs die Kunenerivier en Epupawaterval, indien jy lekker baie verlof ingesit het.

Toast Coetzer doen die aanbieding oor Botswana en verduidelik waarom die Groot Noordelike Sirkelroete die beste reisplan vir Botswana-beginners is. 

Hierdie roete sluit in onder meer Maun, die Botetirivier, die Okavangopypsteel, Tsodiloheuwels, die ou Caprivistrook in Namibië, die Zambesirivier naby Katima Mulilo, die Chobe- nasionale park naby Kasane, Victoriawaterval (Zimbabwe) en Makgadikgadipanne. Die verrassing? Jy’t nie ’n 4x4 hiervoor nodig nie! 

Toast gesels ook kortliks oor Botswana-bestemmings wat jy in ’n langnaweek of korter vakansie kan kafdraf, soos Khawa se Kalahari, die Serowe- en Palapye-distrik (met die Khama Rhino Sanctuary en Goo-Moremi-ravyn as fokuspunte) en die Tuliblok.

Sê nou ek wil met ’n 4x4 ry?

Hoewel die roetes wat beskryf word fokus op die meer toeganklike 4x2-bestemmings, sal’n 4x4-kenner van ons toervennote, Bhejane 4x4-toere en/of Mpafa Travel ook byderhand wees om veral tegniese vrae te beantwoord. Dis vir dié wat dalk beplan om die rowwer dele van Namibië (soos die Kaokoveld of Skedelkus) en Botswana (soos Moremi) te besoek.

Wat vat ek saam ná afloop van die sessies? 

Ons wil jou bewapen met selfvertroue en die wete dat jy hierdie lande op jou eie kan besoek. Jy kan jou eie roete beplan en geld spaar deur te kamp. 

Ons reisgidse bevat omvattende inligting oor verblyf in Namibië en Botswana – jy kry hierdie gidse gratis by die sessies. Die praktiese inligting wat ons vir jou gee behoort dit duidelik te maak dat groot dele van Botswana en Namibië baie maklik is om te besoek.

Watter voorbereiding kan ek vooraf doen?

Om die beste waarde uit hierdie sessies te kry is dit raadsaam om vooraf jou lys kwelvrae neer te skryf sodat jy dit tydens ons vraag-en-antwoordsessies na afloop van die praatjies kan stel. 
Indien jy reeds jou vakansie begin beplan het, bring jou uitgedrukte/geskrewe reisplan saam, sodat ons joernaliste daarop kan kommentaar lewer.