Het jy onlangs ’n nuwe kamera gekoop, maar bly skrikkerig vir die ding se klomp verstellings? Kom Montagu toe, ons kan help. Of dalk is jy al goed gekonfyt met jou toerusting, maar ’n bietjie verveeld met die manier waarop jy al die jare foto’s neem. Kom Montagu toe, ons wys jou nuwe truuks.

Dit maak nie saak of jy jou kleinkinders se manewales met ’n mik-en-drukkie afneem, of ’n DSLR-kamera met ’n tros los lense besit nie – Weg se fotografieslypskool is vir almal bedoel. 

Kom Montagu toe, ons wys jou nuwe truuks...

Die aanbieders van dié omvattende kursus is die gesoute fotograaf Sam Reinders en die joernalis Sophia van Taak. Tesame met lesings en uitgebreide notas behels dit ook praktiese oefening. Want dit bly die beste manier om te leer: met jou kamera in jou hande en ’n kenner wat kan raadgee hier langs jou.

Jy gaan meer te wete kom oor die basiese beginsels van fotografie, soos komposisie, raming en beligting, maar ook leer van kreatiewe hoeke, slim kortpaaie en wat jóú spesifieke kamera se knoppies en wieletjies alles kan doen.

Klein-Karoo
Kom leer foto’s neem in die Klein-Karoo!

Tussendeur is daar ook genoeg tyd vir saamkuier en nuwe vriende maak op een van ons land se mooiste dorpies. En Montagu is glad nie so ver nie – van Kaapstad af is dit maar twee en ’n half ure se ry. Toe, tel op die foon en bespreek nou jou plek. Ons sien uit daarna om jou te ontmoet!

WANNEER?

12-14 Julie 2019

WAAR?

Die Montagu-museum

HOEVEEL?

Die slypskool kos R3250 p.p. Dit sluit in: die kursus én notas sowel as alle etes. Geliefdes wat nie die kursus gaan bywoon nie maar steeds vir die naweek wil saamkom is welkom – die tarief vir nie-deelnemendes se etes vir die naweek is R1200 p.p. 

EK WIL INSKRYF

Kontak vir Donvé Myburgh
021 406 2387 of stuur ’n e-pos na donve.myburgh@media24.com. Gou spring, Weg se fotografieslypskole is baie gewild!


WAAR BESPREEK EK BLYPLEK?

Akkommodasie is nie by die prys ingesluit nie. Kontak die toerismekantoor vir hulp met akkommodasie: * 023 614 2471; www.montagu-ashton.info