Het jy onlangs ’n nuwe kamera gekoop, maar is steeds skrikkerig vir sy verstellings? Kom Rosendal toe, ons kan help. Of dalk is jy reeds behendig met jou toerusting, maar verveeld met die manier waarop jy al jare lank foto’s neem. Kom Rosendal toe, ons wys jou nuwe truuks.

Dit maak nie saak of jy jou kleinkinders se manewales met ’n mik-en-druk afneem, of ’n SLR-kamera met ’n tros los lense besit nie – Weg se fotografieslypskool is vir almal.

Die aanbieders van dié omvattende kursus is die gesoute fotograaf Sam Reinders en die joernalis Sophia van Taak.

Foto: Toast Coetzer
Foto: Toast Coetzer

Tesame met lesings en uitgebreide notas behels dit ook praktiese oefening. Want dít bly die beste manier om te leer: Met jou kamera in jou hande en ’n kenner wat kan raadgee hier langs jou.

Jy gaan meer te wete kom oor die basiese beginsels van fotografie, soos komposisie, raming en beligting, maar ook leer van kreatiewe hoeke, slim kortpaaie en wat jóú spesifieke kamera se knoppies en wieletjies alles kan doen.

Tussendeur is daar ook genoeg tyd vir saamkuier en nuwe vriende maak op een van ons land se mooiste dorpies. Rosendal is glad nie so ver nie – van Johannesburg af is dit maar drie uur se ry; van Bloemfontein af skaars twee. Tel op die foon en bespreek summier jou plek. Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!

INDIVIDUELE AANDAG - ETES INGESLUIT - UITGEBREIDE KURSUSNOTAS

Foto: Toast Coetzer
Foto: Toast Coetzer
Foto: Toast Coetzer
Foto: Toast Coetzer

BESPREEK NOU!

Wanneer? 19-21 Julie 2019

Waar? DeTuinen, Rosendal

Hoeveel? Die slypskool kos R3 250 p.p. Dit sluit in: die kursus én notas sowel as alle etes. Metgeselle wat nie die kursus gaan bywoon nie, maar steeds vir die naweek wil saamkom, is welkom – die tarief vir nie-deelnemendes se etes vir die naweek is R1 200 p.p.

WAAR BESPREEK EK BLYPLEK?

Blyplek is nie by die prys ingesluit nie. Kontak gerus Frik de Jager by 084 666 6616 of detuinenrosendal@gmail.com om blyplek bý die venue (of elders in die dorp) te reël.

EK WIL INSKRYF

Kontak: Donvé Myburgh by 021 406 2387 of stuur ’n e-pos na donve.myburgh@media24.com. Gou spring, Weg se fotografieslypskole is baie gewild!

 
Foto: Toast Coetzer
Foto: Toast Coetzer