Het jy onlangs ’n nuwe kamera gekoop, maar is steeds skrikkerig vir sy verstellings? Kom woon ’n fotoslypskool by – ons kan help. Of dalk is jy reeds behendig met jou toerusting, maar verveeld met die manier waarop jy al jare lank foto’s neem. Dan sal ons jou nuwe truuks wys.

Dit maak nie saak of jy jou kleinkinders se manewales met ’n mik-en-druk afneem, of ’n DSLR-kamera met ’n tros los lense besit nie – Weg se fotografieslypskool is vir almal.

Die aanbieders van dié omvattende kursus is die gesoute fotograaf Sam Reinders en die joernalis Sophia van Taak. Tesame met lesings en uitgebreide notas behels dit ook praktiese oefening. Want dít bly die beste manier om te leer: Met jou kamera in jou hande en ’n kenner wat kan raadgee hier neffens jou.

Sam Reinders
Foto: Sam Reinders
Sam Reinders
Foto: Sam Reinders

Jy gaan meer te wete kom oor die basiese beginsels van fotografie, soos komposisie, raming en beligting, maar ook leer van kreatiewe hoeke, slim kortpaaie en wat jóú spesifieke kamera se knoppies en wieletjies alles kan doen.

Tussendeur is daar ook genoeg tyd vir saamkuier, die platteland geniet en nuwe vriende maak. Tel op die foon en bespreek summier jou plek. Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!

WANNEER?

Montagu: 12-14 Julie 2019

Rosendal: 19-21 Julie 2019

WAAR?

  • Die Montagu-museum, Montagu
  • DeTuinen, Rosendal

Hoeveel?

Die slypskool kos R3250p.p. Dit sluit in: die kursus én notas sowel as alle etes. Metgeselle wat nie die kursus gaan bywoon nie, maar steeds vir die naweek wil saamkom, is welkom – die tarief vir niedeelnemendes se etes vir die naweek is R1200p.p.

WAAR BESPREEK EK BLYPLEK?

Blyplek is nie by die prys ingesluit nie.

Kontak gerus Frik de Jager by 084 666 6616 of detuinenrosendal@gmail. com om blyplek bý die venue in Rosendal (of elders in die dorp) te reël. 

Kontak die Montagu-toerismekantoor vir hulp met blyplek: 0236142471; montagu.org.za

EK WIL INSKRYF

Kontak: Donvé Myburgh by 021 406 2387 of stuur ’n e-pos na donve.myburgh@ media24.com. Gou spring, Weg se fotografieslypskole is baie gewild!

Verbeter jou fotografie!
Verbeter jou fotografie!
Verbeter jou fotografie!
Verbeter jou fotografie!