Ons gaan weer kaas maak en brood bak... en ook leer vleis en groente pekel en piekel.

Vra maar vir enigeen wat al by een van Platteland se gewilde werksessies was: Hier leer jy ’n nuwe vaardigheid aan, leer gawe mense ken, kuier ’n hond uit ’n bos en gaan laatmiddag huis toe met ’n berg kennis, jou eie handewerk én ’n sak vol presente. Spring gou en bespreek nou!

PEKEL EN PIEKEL

Laat Marcelle Botha van die Demo-Den-kookskool in Bloemfontein jou wys hoe om heerlike delikos te maak. Eers wys sy hoe om pastrami en biltong te maak, en dan hoe om groente soos artisjokke – sommer uit ’n blik! – te piekel. Daarna word ’n swart rogbrood (pumpernickel-styl) gemeng, geknie en gebak.

Waar? Demo-Den-kookskool; Bloemfontein 

Wanneer? Saterdag 15 September 2018

Lees hier oor nog werksessies wat ons die jaar aanbied.

WAT JY MOET WEET 

Prys: R1700 p.p.

Dit sluit in die werksessie, resepteboekie, al die bestanddele, koffie, tee en fyngebak met registrasie, middagete met ’n glas wyn of sap. 

Wat vat jy huis toe? ’n Keur* van die produkte wat jy by die kursus maak en ’n geskenksak met meer as R1000 se presente. 

Wat moet jy saambring? ’n Koelhouer vir die produkte wat jy huis toe neem.

*Die pekel-en-piekelkursusgangers ’n pakkie met 50g biltong en 70-80g pastrami kry wat Marcelle vooraf maak. Elkeen neem ook ’n klein swart rogbrood en kies een flessie piekels.

Bespreek nou!

Stuur e-pos na Donvé Myburgh by donve.myburgh@media24.com of bel haar by 021 443 9830. 

Onthou, ons het plek vir net 24 mense in Bloemfontein. Die eerste lesers wat bespreek én betaal, kan saam leer en kuier.