Dit maak nie saak of jy jou vakansie-fotoalbums nuwe skop wil gee of jou Facebook-vriende jaloers wil maak op jou foto’s nie – kom sluit aan by ons voormalige fotoredakteur Sam Reinders en joernalis Sophia van Taak op die Blesfonteinplaas net buite Sutherland vir ’n (koue!) naweek vol fotografie én pret! 

Met ons praktiese kursus en uitgebreide notas, en met die Karoo (en Blesfontein se eiesoortige versameling troeteldiere) as ons doek, kyk ons na die basiese beginsels van komposisie, beligting, raming en lig. 

Kom met ’n miken-druk of ’n SLR-kamera – enigeen sal werk! Ons hou die groep klein (daar is net 9 huisies). 
Dit beteken dat ons jou stap vir stap kan help om jou kamera beter te leer ken en saam met jou deur al sy knoppies en wieletjies kan praat.

Kyk hier na die foto’s van die vorige werkswinkel wat vroeër vanjaar plaasgevind het.

Foto: Derrick Coetzer
Foto: Coreen Kotze
Foto: Elda Brand

INDIVIDUELE AANDAG | ETES INGESLUIT | UITGEBREIDE KURSUSNOTAS

Wanneer? 

31 Augustus – 2 September 2018

HOEVEEL?

Die fotoslypskool kos R3650p.p., alles ingesluit (verblyf, ontbyt, middag- en aandete, die kursus én notas). 

Nie-deelnemende reisgenote is welkom teen R2650. Hulle kan saam aansit vir aandetes en enige uitstappies op die plaas. (Jy móét hier die uitkykpunt oor die Tankwa sien…)

EK WIL INSKRYF

Hoe bespreek ek?
Bel Donvé Myburg by 0214439830 of stuur ’n e-pos na donve.myburgh@media24.com (Het ons al genoem hoe vinnig die vorige een volbespreek was?)

ENIGE VRAE? 

Stuur vir Sam Reinders ’n e-pos; samreinders@gmail.com