11 NAGTE, 12 DAE (TENTVERBLYF)

Toerdatums:

  • 1-12 November 2019
  • 14-15 November 2019

Prys: R17 300 (BTW uitgesluit) per volwassene ; kinders jonger as 10 betaal halfprys

INGESLUIT IN DIE TOERKOSTE

• Alle kamptariewe

• Alle parktoegangstariewe

• Alle geadverteerde aktiwiteite

•Tente, breekware en eetgerei

• Drie etes per dag, plus koffie en tee in die kamp

Die watergat

WAT JY MOET BRING 

• Jou voertuig en brandstof (oorgrenstariewe en padbelasting is vir jou eie rekening)

• Jou eie matras en/of kampbed en slaapsakke en kussings

• Kampstoele

• Drankies en peuselhappies

• Mediese nood- en ontruimingsversekering

DAG 1

Ons ontmoet mekaar by die Namwi Island Lodge naby Katima Mulilo in Namibië. Vanaand kuier ons om die kampvuur en kyk hoe die son oor die Zambesi sak. 

DAG 2

Ons dag begin met ’n vroeë ontbyt. Daarna kry elke voertuig ’n tweerigtingradio en ons kies koers na Katima Mulilo. In Katima gooi ons brandstof in en steek die grens oor na Zambië. Omdat jy soms opgehou word by die grenspos, reis ons vandag net 115 km tot by ons oornagplek by die Kabula Lodge-kampterrein. Voor aandete gaan ons op ’n bootreis op die Zambesi.

DAG 3

Ons besoek een van die besbewaarde geheime van die Zambesi: die Ngonyawaterval. Dit is kleiner as die Victoriawaterval, maar het meer water en minder toeriste. Ons slaap weer vannag by die Kabula Lodge-kampterrein.

DAG 4

Vandag gaan ons vir oulaas die “beskawing” sien wanneer ons na Mongu ry vir inkopies en brandstof. Daarna ry ons in die rigting van die Zambesivloedvlakte, wat 50 km breed is. Onderweg ry ons verby die winterpaleis van die Lodzi-koning en sien die kano’s wat jaarliks deel uitmaak van die kleurryke Kambukaplegtigheid. Dit is wanneer die koning in die somer uit sy winterpaleis vertrek na ’n droër deel. Vir die volgende drie dae skop ons nes in ’n boskamp met basiese geriewe.

Wildebeeste

DAG 5 & 6

Ná ’n goeie nagrus en stewige ontbyt begin ons die park verken. Ons verdeel in kleiner groepe sodat ons beter kan wildkyk. In ons 2½ dae op die Liuwavlakte geniet ons die panoramaiese uitsigte, die duisende wildebeeste, en – as die geluk aan ons kant is – die roofdiere wat hulle bedreig.

DAG 7

Ons groet vandag die Liuwavlakte- nasionale park. Dis egter nie die einde van ons avontuur nie, want ons ry wes na die Kafue- nasionale park waar ons 4 nagte gaan slaap. Ons gooi weer brandstof in en koop voorraad in Mongu.

DAG 8, 9 EN 10

Die volgende 3 dae verken ons die Kafue- nasionale park. Jy kan vandag ’n middagete saamneem en die park teen jou eie pas verken. Ons gaan twee nagte elk in twee van die park se kampterreine deurbring en die Kasabushi- en Nanzhila-vlaktegebied verken. Ons gaan ook op ’n skouspelagtige bootvaartop die Kafue.

DAG 11

Ons ry suid deur die nasionale park en besoek die gewilde toeristedorp Livingstone. Dis hier waar ons ons laaste nag saam gaan deurbring. Ons kuier vir oulaas saam oor ’n heerlike aandete.

DAG 12

Ná ’n stewige ontbyt is dit tyd om blad te skud en mekaar te groet.

Ja, ek wil gaan!

Bespreek by 044 535 9033 of bookings@bhejane.com

Vir inligting: bhejane.com