Dis 21 September 2019 en die 79ste minuut van die Springbokke se eerste toets in die 2019-Wêreldbekertoernooi in Japan.

Die Bokke loop 15-20 agter teen die All Blacks. Die Bokke het goed begin, maar ouder gewoonte het die All Blacks met mening teruggeveg in die tweede helfte.

Nou het die Bokke een laaste aanvallende lynstaan, vyf treë voor die doellyn. Etzebeth maak eers vinnig ’n kringetjie met die voorspelers voordat die Bokke aantree vir die lynstaan. Malcolm Marx se ingooi is suiwer, maar Etzebeth vat die bal net-net raak. Die Bokke begin die rolmaal.

Die Bokke lóóp met die All Blacks. Vyf treë, vier treë, drie treë... Die losgemaal sak grond toe en die skeidsregter se arm skiet die lug in. Is dit ’n strafskop vir die All Blacks, of ’n drie vir die Bokke...? Wel, ons weet wat ons wil hê die uitslag moet wees.

Maar die punt is, as jy ’n bietjie meet en pas, kan jy dáár wees. In die stadion, hand op die bors vir die volkslied, trane in jou oë met die eindfluitjie... as deel van ’n groep Weg-lesers! En jy sal verras wees oor die pakketpryse.

KLIK HIER OM 'N GROTER WEERGAWE VAN DIE TABEL HIER ONDER AF TE LAAI

Hierdie pakket sluit in

• ’n Retoervliegkaartjie van Johannesburg af; ’n kategorie D-toetskaartjie; driesterverblyf per persoon wat deel.

• Jy kan die pakket teen ekstra koste laat opgradeer na kategorie C- en B-toetskaartjies, of vierster- of vyfster-verblyf.

• Pakkette wat nét die toets- en vliegkaartjie; of nét die toetskaartjie en hotelverblyf insluit, is ook beskikbaar. (Pryse op aanvraag.)

• Lughawebelasting is uitgesluit.

Ek stel belang

Stuur ’n e-pos met wegrwc1 in die onderwerpveld na media24@sarugbytravel.com of SMS dit na 44155 om te bespreek, en iemand sal jou kontak.