DAG 1

Die avontuur begin laatmiddag op die dorpie Matatiele in die Oos-Kaap. Nadat ons by ons gastehuis aangekom het, eet ons ’n heerlike aandete waar ons die res van die groep ontmoet.

DAG 2

Vanoggend steek ons die eerste pas oor – Qachasnek – op pad na die Lesothogrens. As ons eers in Lesotho is, sal ons koers kies na die Sehlabathebe- nasionale park waar ons die volgende twee nagte gaan deurbring. Langs die pad steek ons drie passe oor: Die Suspension Bridge-, Melikane- en die befaamde Matebengpas.

DAG 3

Vandag neem ons ’n blaaskans van die rywerk en verken die Sehlabathebepark. Die park is bekend vir sy pragtige en ongewone rotsformasies, unieke veldblomme en rotspoele. Vanaand slaap ons weer in die Sehlabathebepark.

Foto: Verskaf

DAG 4

Ons sit vandag ons reis voort en vertrek na Ramabanta. Onderweg soontoe hou ons stil by die naashoogste enkelwaterval  ter wêreld (dus ’n waterval wat aan die bo- en onderkant slegs een vlak het).

DAG 5

Vandag is ’n dag vir die grondpadliefhebbers! Ons sien omtrent nie teer nie en eet middagete by ’n waterval. Aandete is by ons hotel op die dorp Mohaleshoek.

DAG 6

Op ons laaste dag in Lesotho sal die landskap steeds jou asem wegslaan. Ons sien ’n huis wat in ’n grot gebou is, ry oor die Maphooanengpas en hou piekniek by die hoogste natuurlike meer in Suider-Afrika. Daarna kies ons koers terug na Matatiele, waar ons vanaand vir oulaas slaap.

DAG 7

Ná ontbyt moet ons mekaar groet en elkeen ons eie koers inslaan.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

6 NAGTE, 7 DAE

VERBLYF IN LODGES EN GASTEHUISE

DATUM: 1-7 Maart en 15-21 Maart 2020.

PRYS: R11 350 p.p. wat deel (halfprys vir kinders o.10).

BHEJANE VERSKAF: 

  • ’n Toerleier wat ook ’n ervare natuurbewaarder en avontuurgids is. Hy sal te alle tye in radiokontak met jou voertuig wees.
  • Alle ontbyte en aandetes word by die gastehuise voorgesit. Bhejane sorg bedags vir piekniekmiddagetes.

WAT MOET JY BRING?

  • Vir dié unieke avontuur het jy ’n 4x4-voertuig met ’n behoorlike grondvryhoogte nodig. En in die passe, wat tegniese rywerk vereis, gaan jy laestrek nodig kry.
  • Jou eie brandstof.

Ja, ek wil gaan!

Bespreek by 044 535 9033 of bookings@bhejane.com

Vir meer inligting gaan na bhejane.com