Geniet ’n gesinswegbreek* waar jy nie ’n vinger hoef te verroer nie – jy kan net ontspan en die natuurlike omgewing om jou in drink. Jy bly in ’n kenmerkende, luukse tent, beskut in ’n oeroue woud. Die kos kom uit die plaaslike omgewing en word langs ’n kronkelende rivier gemaak en bedien.

Stap, roei, ry fiets en kyk voëls saam met ’n gids of ontspan net en herlaai jou batterye in hierdie mooi hoekie van Suid-Afrika.

*VANAF DESEMBER 2018

Die luukse tent

DIE VOLGENDE AKTIWITEITE IS INGESLUIT BY DIE KOSTE*

• Twee gesonde etes per dag, voorberei deur ons boskokke

• ’n Begeleide kano-uitstappie op ’n rivier in die omgewing

• ’n Begeleide kusstap

• ’n Begeleide uitstappie na die Knysnawoud in ons konsessie-gebied van die Tuinroete- nasionale park

• Die kamp het sy eie bergfietse en kajakke vir gaste om te gebruik.

Geniet ’n gesinswegbreek

• Hier is ’n voëlskuiling naby die kamp, ideaal vir skemerkelkies en fotografieDie volgende aktiwiteite is opsioneel en nie ingesluit by die koste nie, maar ’n bekostigbare pendeldiens kan gereël word. (Bespreek vooraf.)

• ’n Uitstappie na Plettenbergbaai

• ’n Rit op die Keurboomsrivierpont

• Stand-up paddling- en branderplanklesse

• Rekspring van die Bloukransbrug af

• ’n Verskeidenheid ander Aktiwiteite

KOSTE

R1 980 p.p.p.n. wat deel, insluitend aandete en ontbyt. Kinders jonger as 10 betaal halfprys; enkelreisigers betaal 30% meer. Dié intieme kamp is klein; bespreek vroegtydig om jou plek te verseker.

* ’n Minimumverblyf van drie nagte word vereis.

JA, EK WIL GAAN!

Om plek te bespreek, kontak 044 535 9033; bookings@undercanvasevents.co.za

Biowise