Kom bly in ’n luukse tent waar ons vir alles sorg, smul aan watertand ontbyte en aandetes, leer saans meer oor die sterre en planete by Sterland, toer saam met Weg deur SALT en verken die omgewing bedags op staptoere of uit jou fietssaal in dié besonderse deel van die land.

Opskud, die plek raak min  jy kan nog slegs vir een tydgleuf bespreek!

WANNEER? 

9 - 11 Julie

HOEVEEL KOS DIT? 

R1 585p.p.p.n. (vir ’n minimum van twee aande; halfprys vir kinders jonger as 12; 30% bykomend vir enkelbesprekings)

Maksimum van 16 per nag (meer as kinders met ouers deel)

WAT SLUIT DIT ALLES IN? 

• Blyplek in glanskampe, met elektriese komberse, duvets, handdoeke, ensovoorts. 

• Aandete en ontbyt in safari-tente 

• ’n Aandtoer na die Sterland Stargazing Experience 

• ’n Toer van SALT (Die Suider- Afrikaanse Groot Teleskoop)

WAT MOET EK SAAMBRING? 

• Warm klere en stapskoene vir veldstaproetes. Peuselhappies en drankies. 

• Fietse – hier is enkelspoor- paadjies in die omgewing.

OPSIONELE UITSTAPPIES 

• Geskiedkundige uitstappie op die dorp 

• Daaglikse begeleide toer na SALT 

• Veldstaproete

• Sterrekyk by Sterland

BESPREEK NOU!

JA, EK WIL GAAN! 

Om plek te bespreek, kontak 082 575 8499; bookings@undercanvasevents.co.za