As jy dol is oor stap en graag een van die epiese staptogte oorsee wil aanpak, maar lugtig is vir Weg se groepsvakansies, het ons spesiale pakkette vir jou beding.

Jy kan op jou eie in Italië gaan stap, of ’n groep van jou vriende bymekaar hark om jul eie mini “Weg-groep” te vorm. 

Pakket 1: Die laaste 100 km van die Via Francigena (die “Italiaanse Camino”)

Camino Portugal
Jy spring in Viterbo weg
Camino Portugal
Die katedraal in Viterbo

Wat: Die Via Francigena is Italië se weergawe van die Camino de Santiago. Pelgrims stap in die spore van Sigerik, wat in die 10de eeu vanaf Canterbury in Engeland na Rome moes stap om sy titel as aartsbiskop by die pous te gaan afhaal. Die hele roete loop oor meer as 2 000 km, maar met dié pakket spring jy weg in Viterbo en stap jy die laaste 112 km – ver genoeg dat jy jou Testimonium (sertifikaat) by die Vatikaan kan gaan afhaal.

Wanneer: Jy kan jou pakket vir enige tyd in Augustus 2020 bespreek. Jy besluit self wanneer jy wegspring.

Prys: R27 500 (per persoon wat deel)

Wat is ingesluit:

  • Toer van agt nagte.
  • Vlugte vanaf Johannesburg na Rome en terug
  • Alle verblyf
  • Ses nagte op die Via Francigena (hotelverblyf, ontbyt en die vervoer van jou sak na die volgende oornagdorp is ingesluit)
  • 24/7 ondersteuning
  • GPS-datalêers
  • Inligtingspak met kaarte
Weg sê: As jy nog altyd die Camino wou stap, maar bang is vir massas mense, is hierdie die roete vir jou. Waar 250 000 pelgrims per jaar die Camino stap, stap net 2500 pelgrims hierdie roete. Die daaglikse afstande is almal rondom 20 km en baie haalbaar. Die omgewing is pragtig en die kos is fantasties! 

Stuur e-pos na wegreis@travelcheck.co.za

Die heuwels rondom San Gimignano. Jy gaan hier stap
Camino Portugal
San Gimignano

Pakket 2: Die Via Francigena – van San Miniato tot Siëna

Wat: Die Via Francigena is Italië se weergawe van die Camino de Santiago. Pelgrims stap in die spore van Sigerik, wat in die 10de eeu vanaf Canterbury in Engeland na Rome moes stap om sy titel as aartsbiskop by die pous te gaan afhaal. Die hele roete loop oor meer as 2 000 km (dit begin al in Engeland), maar met dié pakket spring jy in San Miniato weg en eindig in Siëna.

Wanneer: Jy kan jou pakket vir enige tyd in Augustus 2020 bespreek. Jy besluit self wanneer jy wegspring.

Prys: R31 300 per persoon wat deel 

Wat is ingesluit:

  • Reis van agt nagte.
  • Vlugte vanaf Johannesburg na Florence en terug
  • Staptoer in Toskane
  • 6 nagte op die Via Francigena (hotelverblyf met ’n en suite-kamer, ontbyt en die vervoer van jou sak na die volgende dorp is ingesluit)
  • Verblyf voor en ná jou toer
  • Inligtingspak en kaarte
  • Ondersteuning 24/7
  • GPS-datalêers 

Weg sê: Hierdie is ’n droomtoer en ideaal vir die skilpadgroepie! Jy loop op die eerste dag 24 km en op die laaste dag 22 km, maar op die ander dae loop jy rondom 13 of 14 km per dag. Jy het dus baie tyd om te drentel in die pragtige Toskaanse dorpies en die kos te geniet. Aan die einde van dag 2 slaap jy in Gambassi Terme, ’n dorp met ’n warmwaterbron.

Camino Portugal
Stap die laaste 100 km tot by die Vatikaan in Rome
Camino Portugal
Die katedraal in Siëna

Stuur e-pos na wegreis@travelcheck.co.za

Pakket 3: Cinque Terre in die Italiaanse Riviera

Wat: Cinque Terre is ’n string pragtige kusdorpies op die Italiaanse Riviera. Jy sien die kleurvolle geboue soos mossels teen die hange sit. Op hierdie roete stap jy net 45 km (hoogstens 16 km per dag), maar dit sluit baie klimwerk en afdraandes in. 

Wanneer: Jy kan jou pakket vir enige tyd in Augustus 2020 bespreek. Jy besluit self wanneer jy wegspring.

Prys: R25 800 per persoon wat deel

Wat is ingesluit:

  • ’n Reis van sewe nagte
  • Vlugte vanaf Johannesburg na Genoa/Rome of Cinque Terre en teru
  • Staptoer in Cinque Terre (hotelverblyf met ’n en suite-kamer, ontbyt en die vervoer van jou sak na die volgende dorp is ingesluit)
  • Verblyf voor en na jou staptoer
  • Inligtingspak en kaarte
  • Ondersteuning 24/7
  • GPS-datalêers

Weg sê: As jy lus het vir ’n oorsese staptoer wat nie aan ’n pelgrimsreis gekoppel is nie, is hierdie die een vir jou. Dis ’n pragtige deel van Italië en jou stapdae is kort genoeg dat jy in die namiddae met ’n skemerkelkie na die see kan sit en kyk. Bring jou kamera.

Stuur e-pos na wegreis@travelcheck.co.za

Camino Portugal
Die uitsig in Siëna