16 nagte/17 dae (tentverblyf )

Toerdatums:

  • 1-17 Junie 2019
  • 3-19 Augustus 2019
  • 7-23 September 2019

Prys: R22 850 (BTW uitgesluit)per volwassene; kinders jongeras 10 betaal halfprys

INGESLUIT IN DIE TOERKOSTE

• Alle kamptariewe

• Alle parktoegangstariewe

• Alle geadverteerde aktiwiteite

• Tente, breekware en eetgerei

• Drie etes per dag, plus koffie en tee in die kamp

WAT JY MOET BRING 

• Jou voertuig en brandstof (oorgrenstariewe en padbelasting is vir jou eie rekening)

• Jou eie matras en/of kampbed en slaapsakke en kussings

• Kampstoele

• Drankies en peuselhappies

• Mediese nood- en ontruimingsversekering

Bhejane 4x4 Adventures
Bhejane 4x4 Adventures
Bhejane 4x4 Adventures
Bhejane 4x4 Adventures
Bhejane 4x4 Adventures
Bhejane 4x4 Adventures

DAG 1

Ons ontmoet mekaar by Camp Nkwazi, net buite Livingstone. Teen die tyd dat jy aankom, staan die tente reeds en die bossjef se maaltyd prut. Vanaand leer ken ons mekaar om die kampvuur.

DAG 2

Vergeet van laat slaap... Ons is vroeg uit die vere en val in die pad ná ’n stewige ontbyt. Bhejane sal jou toerus met ’n tweerigtingradio voordat ons na Lusaka vertrek. Ons slaap in Lusaka onderweg na die Suid-Luangwa- nasionale park.

DAG 3

Ons ry noord en slaap oor by ’n kamp buite Chipata.

DAG 4, 5 & 6

Dis een van die topreservate ter wêreld. Die kamp is langs die oewer van die Luangwarivier. Van hier af sal ons die park teen ons eie pas in ons eie voertuie verken (ons ry nie in konvooi nie). Ons beveel aan dat jy ’n GPS met Tracks 4 Africa saambring.

DAG 7

Vandag steek ons die grens na Malawi oor en slaap in Lilongwe. Besoek gerus die ou stadsmark met sy lekker atmosfeer, waar jy vrugte, houtprodukte en Afrika-materiaal kan koop. Ons sal ook hier voorraad aanvul voor ons na die Malawimeer vertrek.

DAG 8, 9 & 10

Ons vertrek vroeg en ná ’n halwe dagreis deur ’n mooi omgewing, sal ons die oewer van die Malawimeer bereik. Maak jou tuis – ons gaan twee dae en drie nagte hier oorbly. ’n Sonsondergang-bootrit is by die toerprys ingesluit.

DAG 11 & 12

Ons begin suidwaarts reis vir ons besoek aan die Kafue- nasionale park.

DAG 13 & 14

Kafue is een van die mees onderskatte parke in Afrika. Dit is die oudste en grootste park in Zambië en nog taamlik ongerep. As jy hier ry, voel dit vir jou of jy in die wildernis is. Ons slaap twee nagte by die Kasabushi Camp op die oewer van die Kafue. ’n Twee uur lange bootrit op die rivier is ingesluit.

DAG 15

Vandag reis ons na die Nanzhila-vlakte. Die vlakte is vol wild en voëllewe. Die kampterrein is by ’n watergat geleë. Jy kan rondry as jy wil, of by die kamp wild kyk.

DAG 16

Ons ry vandag na Livingstone, waar ons vanaand vir oulaas saam eet.

DAG 17

Ons groet ná ’n stewige ontbyt.


  • Hierdie reis is ontwikkel in samewerking met een van ons spesialisgidse, Paul Wigley.
  • Ons reis van Livingstone, Zambië, via die Luangwa- nasionalepark na die Malawimeer.
  • Op die terugreis na Livingstone besoek jy die Kafue- nasionalepark.


Ja, ek wil gaan!

Bespreek by 044 535 9033 of bookings@bhejane.com

Vir inligting: bhejane.com

Bhejane 4x4 Adventures
Bhejane 4x4 Adventures