Verken die Okavangodelta, die groot riviere van die Caprivistrook en die magtige Victoriawaterval. Ons kundige gidse sal seker maak dat jy ten alle tye veilig, gevoed en gemaklik is.

Hierdie selfrytoer is van die gewildste toere wat Bhejane aanbied. Die rede is eenvoudig: Jy ervaar ’n ware Afrika-avontuur teen ’n redelike prys, en jy het geen spesiale ryvaardighede nodig nie.

Foto: Sophia van Taak
Foto: Sophia van Taak
Foto: Sophia van Taak
Foto: Sophia van Taak

Saam reis ons van die uitgestrekte Makgadikgadipanne om die Okavangodelta en op met die Pypsteel. Ons vertoef by die geheimsinnige Tsodilo-koppies, ’n wêreldbekende rotskunskol.

Dan ry ons oos deur die Caprivi in Namibië en terug na Botswana oor die indrukwekkende Victoriawaterval in Zimbabwe. Die toer eindig met ’n bootreis op die Choberivier, waar jy ’n skemerkelkie geniet terwyl die olifante bad.

Foto: Willem van der Berg.
Makgadikgadi-nasionale park. Vir Weg-Botswanagids
Ervaar die skoonheid van Noord-Botswana

Bhejane voorsien al die kamptoerusting, en slaan self kamp op. Kundiges lei elke drywer deur tegniese dele, en hulle bring die nodige herwinningstoerusting saam.

’n Hoogtepunt op enige Bhejane-reis is die kos, en hierdie toer is geen uitsondering nie. Jy kry elke dag drie maaltye voorberei deur ons bossjefs. Jy kan vars slaaie, potjiekos en braai verwag.. met vele ander verrassings op die spyskaart. En die koffiepot prut tot laat op die vuur.

Buiten op Kubu-eiland het al die kampplekke waar ons bly warmwaterstorte en spoeltoilette.

Makgadikgadi-nasionale park. Vir Weg-Botswanagids
Ervaar die skoonheid van Noord-Botswana
Makgadikgadi-nasionale park. Vir Weg-Botswanagids
Ervaar die skoonheid van Noord-Botswana

HOOGTEPUNTE

• Kubu-eiland

• Okavangodelta

• Tsodilo-koppies

• Kavango- en Zambesirivier

• Victoriawaterval

• Choberivier

TRANS-BOTSWANA

11 dae/10 nagte (tent verblyf)

Beginpunt: Lethlakane, Botswana

Eindpunt: Kasane, Botswana

DATUMS EN KOSTE

21-30 Maart 2020:

R15 950 per volwassene; halfprys vir kinders jonger as tien

INGESLUIT

• Die dienste van ’n ervare veldgids

• Tweerigtingradio’s in alle voertuie

• Alle kamptariewe, toegangstariewe en geadverteerde aktiwiteite

• Alle tente en kamptoerusting, asook breekgoed en eetgerei

• Drie maaltye per dag, en koffie en tee elke dag

WAT MOET EK BRING?

• Jou eie voertuig en brandstof

• Slaapsak, matras, kampstoele en ’n kamptafel

• Padkos en drankies

• Reisversekering en versekering vir noodontruiming (verplig)

• Jy is verantwoordelik vir grenspostariewe en padbelasting

BESPREEK NOU!

Kontak: 044 535 9033; bookings@bhejane.com; bhejane.com

Makgadikgadi-nasionale park. Vir Weg-Botswanagids
Foto: Willem van der Berg.