(Let wel: Enkele details oor hierdie toer  –  insluitend datums  –  het verander sedert ons dit die eerste keer adverteer het. Hierdie artikel is nou bygewerk.)

Weg se 2020-ekspedisie na Antarktika is gemik op amateur-wildlewefotograwe, avontuurlustige reisigers, voëlliefhebbers en mense wat ’n fassinasie het met die geskiedenis, geografie en natuurskoon van die poolstreke. 

Die toer begin op 8 Oktober 2020 in Punta Arenas, Chili. Hiervandaan vaar ons met die RCGS Resolute na die Falkland-eilande waar jy aan wal gaan om onder meer pikkewyne en albatrosse af te neem, en om die hoofstad, Stanley, te besoek.

Die volgende afklimpunt is Suid-Georgië, waar ons paaie kruis met die legendariese sir Ernest Shackleton, wat hier begrawe lê. Ons sien oorblyfsels van desjare se walvisjagbedryf by Grytviken en neem foto’s van koningpikkewyne, pelsrobbe en olifantrobbe te voet.

Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Jou gids: Toast Coetzer.
Guts Swanepoel
Jou gids: Guts Swanepoel

Hoewel die RCGS Resolute ons gerieflike basis en slaapplek is op hierdie reis, word daar van kleiner Zodiac-bootjies gebruik gemaak om aan wal te gaan waar moontlik. Die idee is dat die gidse jou altyd in die beste posisies sal probeer kry vir klassieke foto’s van die natuurlewe.

Dis lente wanneer ons hier toer, en net die regte tyd om die paringsrituele van albatrosse waar te neem, of te sien hoe pikkewyne aankom by hulle broeikolonies vir die somer. Dalk sien ons hoe stoei nukkerige olifantrobbulle! Ons toer is vroeg in die toeristeseisoen, wat beteken ons voetspore sal van die eerstes wees in die sneeu.

 Hierna vaar ons suid, na Antarktika. Afhangend van die weer sien ons die Suid-Orkney-eilande, en Olifant-eiland. Ons sien die ruwe Suid-Shetland-eilande, en gaan aan wal waar ons kan. Hierna bereik die RCGS Resolute die Antarktiese skiereiland! Oral leef en beef dit van die voëls en robbe. Dis koud en wit, blou en beeldskoon  –  iets wat jy nooit sal vergeet nie.

Ons gaan niks meer as 100 passasiers op die RCGS Resolute wees nie, wat beteken dat elkeen persoonlike aandag kry. Weg se reisredakteur, Toast Coetzer en die bekende fotografiegids Guts Swanepoel (van Pangolin Photo Safaris) toer saam.

Guts is die toerleier en het hierdie reis al ’n paar keer voltooi. Ander kundiges, soos voëlkenners, mariene bioloë en geskiedkundiges is ook aan boord om seker te maak dat elke vraag wat jy het, beantwoord word.

Ons help jou om jou fotografie te verbeter, maar daar is ook personeel aan boord wat sal seker maak dat jy lekker eet, lekker slaap én vars opstaan in die oggend!

Weg Anartktika-ekspedisie 2020

Op die 18de oggend van ons reis draai ons terug na die Falkland-eilande, waar die toer op 24 Oktober 2020 eindig. Hiervandaan vlieg ons na Santiago in Chili. Die toer is verby, maar nou is dit tyd om jou foto’s agtermekaar te kry sodat jy dit met familie en vriende by die huis kan deel. Wat ’n ervaring!

WAT KOS DIT?

Daar is verskillende kajuite, wat in grootte wissel. Die Twin Private-kajuite kos USD19 995 per persoon wat deel, die Superior-kajuit kos USD20 995 per persoon wat deel, en die Shackleton-suites kos USD23 450 per persoon wat deel. Alle kajuite het en suite-badkamers. Plekke is uiters beperk.

Bespreek sou gou as moontlik – ’n 50%-deposito verseker jou plek, en daarna betaal jy in sarsies: 20% teen 6 Januarie 2020 en die oorblywende 30% teen 24 Julie 2020.

Begroot, beplan, en kom saam!

Kontak Toast Coetzer by toast@weg.co.za vir verdere inligting.

WAT SLUIT DIE PRYS IN?

Jou kajuitverblyf op die skip, met alle etes ingesluit. Op die skip kry jy gratis koffie, tee (en warmsjokolade!). Tydens die ekspedisie kry jy die toegewyde aandag van die verskillende toerleiers, en ’n skeepsdokter is aan diens.

Jy word met Zodiac-bootjies na nabygeleë eilande geneem om rond te stap en foto’s te neem. Jy kry ’n reënjas, waterstewels en waterwerende klere om te dra tydens die ekspedisie. Permitte vir die besoek van beskermde en histories belangrike gebiede is reeds uitgeneem. 

Ook ingesluit: Hotelverblyf in Punta Arenas die aand voordat die skip vertrek, vervoer tussen die hotel en die skip, en die vlug van Stanley (Falkland-eilande) na Santiago (Chili) na afloop van die ekspedisie.

Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020

WAT SLUIT DIT NIE IN NIE?

Vliegtuigkaartjies (behalwe die een hierbo genoem), visum- en paspoortkoste, hotelverblyf voor en ná die toer (behalwe een aand hierbo genoem), ekstra drankies aan boord, mediese en reisversekering, die gebruik van internet of telefoon, en fooitjies vir personeel (nie verpligtend).

WAT IS DIE REISPLAN?

Datums: 8 Oktober-27 Oktober 2020

(19 nagte, 20 dae)

Dag 1: Aankoms (per vliegtuig) in Punta Arenas, Chili

Dag 2: Vertrek van Punta Arenas met die RCGS Resolute

Dag 3: Ter see, na Falkland-eilande

Dag 4-5: Falkland-eilande

Dag 6-7: Ter see, na Suid-Georgië

Dag 8-10: Verken Suid-Georgië

Dag 11-13: Ter see, na Antarktika

Dag 14-17: Suid-Shetland-eilande en Antarktiese skiereiland

Dag 18-19: Ter see, na Falkland-eilande

Dag 20: Aankoms in Stanley, Falkland-eilande – hiervandaan vlieg jy dieselfde dag na Santiago, Chili

OOR DIE SKIP

Die RCGS Resolute
Die RCGS Resolute

Die RCGS Resolute is spesifiek gebou om die waters rondom Antarktika te trotseer. Dit kan 140 passasiers huisves, maar ons toer beperk die aantal tot 100. Dit beteken dat die skip nooit beknop voel nie. Die ander belangrike rede hiervoor is om te verseker dat elke passasier elke dag (waar toepaslik) die Resolute kan verlaat op ’n Zodiac-bootjie om aan wal te gaan by plekke van fotografiese belang.

Antarktika en omliggende eilande word deur streng maatreëls beheer en indien ons groep meer as 100 mense sou wees, sou dit beteken dat elke fotograaf nie elke keer aan wal sou kon gaan nie. Omdat ons spesifiek foto’s wil neem op hierdie ekspedisie, wil ons seker maak niemand mis ooit enigiets nie.

Die RCGS is nou wel ’n ekspedisieskip, maar dis ook gebou vir gerief in ’n andersins ongenaakbare klimaatstreek. Hier is sitkamers, eetkamers en kroegies waar jy kan ontspan. Die kos staan vir niks terug wat jy in ’n goeie hotel aan land sou kon bestel nie.

Die dekspasie is só ontwerp dat jy van alle kante kan uitkyk en foto’s neem. Die RCGS Resolute het selfs ’n gimnasium, sauna en jacuzzi!

Bespreek
Bespreek vandag nog jou kajuit by toast@weg.co.za  


ONS VENNOOT

Hierdie toer word aangebied in samewerking met Pangolin Photo Safaris.

Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Weg Anartktika-ekspedisie 2020
Pangolin Photo Safaris
Pangolin Photo Safaris