Inligtingsessies: Ons joernaliste help jou ’n droomvakansie na Namibië of Botswana beplan. Sien onder vir meer inligting.

ONTBYT – BOTSWANA

Só takel jy Botswana op ’n begroting – ons deel 4x2-roetes (ideaal indien dit jou eerste besoek aan die land is) én waardevolle inligting oor van die 4x4-parke. 

Tyd: 9 vm.

MIDDAGETE – NAMIBIË

Namibië is maklik om op eie stoom te besoek. Ons deel ’n paar van ons gunsteling-roetes deur die suide en noorde van die land.

Tyd: 2 nm.

* Elke sessie kos R600 p.p. en sluit etes en drankies in (R1000 p.p. vir albei).

Plus: ’n Gratis Botswana- en Namibië-gids.

Wanneer?

9 Februarie 2019 (Rhebokskloof-wynlandgoed, Paarl)

16 Februarie 2019 (Menlyn Boutique Hotel; Pretoria)

BESPREEK NOU!

Kontak Donvé Myburgh:

021 443 9830; donve.myburgh@media24.com

Toast Coetzer
Epupa-waterval, Namibië. Foto: Toast Coetzer

Toast Coetzer
Chobe- nasionale park, Botswana. Foto: Toast Coetzer


Dit is wat jy moet weet:

Wat behels hierdie sessies?

Dalk droom jy van ’n selfrytoer na ons buurlande, Namibië en/of Botswana, maar weet nie hoe om só ’n projek aan te pak nie. Of dalk is jy bekommerd oor wat dit jou sal kos, en of jy die regte voertuig het. En wat van praktiese kwessies soos hoe om veilig deur die grensposte te kom, geldeenhede, padtoestande, ensovoorts?

In Weg se inligtingsessies sal ons al dié vrae beantwoord en jou help om ’n reisplan saam te stel wat jou nie bankrot sal laat nie. Na afloop van die praatjies – wat toegelig word met foto’s geneem deur ons joernaliste en kaarte wat alles netjies vir jou uitlê – kan jy jou kwelvrae stel, en ook jou eie reisplan met ons ervare joernaliste bespreek.

In Weg se inligtingsessies sal ons al dié vrae beantwoord en jou help om ’n reisplan saam te stel wat jou nie bankrot sal laat nie.

Presies watter roetes is onder bespreking en wie lei die praatjies?

Ons verskaf algemene reisinligting wat betrekking het op Botswana en Namibië, maar verskaf dan meer detail oor spesifieke roetes. Ons wys jou wat jy kan verwag, van wildkykgeleenthede tot die soort blyplek wat beskikbaar is.

Die fokus is op roetes wat maklik met 4x2-voertuie (goeie grondvryhoogte word altyd aanbeveel) gery kan word, maar ons gesels ook kortliks oor 4x4-bestemmings vir diegene wat lus is vir ’n wilder vakansie...

In die Namibië-sessie deel ons joernaliste hulle kennis oor puik 4x2-roetes deur die suide (na onder meer die Visriviercanyon, Kolmanskop, Keetmanshoop se kokerboomwoud en Sossusvlei) én die noorde (na onder meer Etosha, Kunenerivier, Epupawaterval, Damaraland, Spitzkoppe en  Swakopmund).

In die Botswana-sessie bespreek ons die Groot Noordelike Sirkelroete (4x2-roete na onder meer Maun, Okavangopypsteel, Caprivistrook, Chobe en die Victoriawaterval), die Sentrale roete (4x2-roete na onder meer Makgadikgadipanne, Botetirivier, Maun, Nata, Francistown en Tuliblok), asook 4x4-roetes deur Sentraal-Kalahari-wildreservaat, en die Mabuasehube-deel van die Kgalagadi-oorgrenspark. 

Om die kampvuur in Namibië. Foto: Toast Coetzer
Toast Coetzer
Sossusvlei, Namibië. Foto: Toast Coetzer

Wat vat ek saam ná afloop van die sessies? 

Ons wil jou toerus met selfvertroue en die wete dat jy hierdie lande op jou eie kan besoek. Jy kan jou eie roete beplan en geld spaar deur te kamp. Jy het ook nie ’n magdom nuwe toerusting nodig nie. Ons reisgidse bevat omvattende inligting oor verblyf in Namibië en Botswana – jy kry hierdie gidse gratis in die sessies.

Die praktiese inligting wat ons vir jou gee, behoort dit duidelik te maak dat groot dele van Botswana en Namibië maklik is om te besoek.

Ons wil jou toerus met selfvertroue en die wete dat jy hierdie lande op jou eie kan besoek

Watter voorbereiding kan ek vooraf doen?

Om die beste waarde uit hierdie sessies te kry is dit raadsaam om vooraf jou lys kwelvrae neer te skryf sodat jy dit met ons vraag-en-antwoordsessies na afloop van die praatjies kan stel. Indien jy reeds jou vakansie begin beplan het, bring jou uitgedrukte/geskrewe reisplan saam sodat ons joernaliste daarop kan kommentaar lewer. Almal kry persoonlike aandag by dié sessies.

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet!

Toast Coetzer
Chobe- nasionale park, Botswana. Foto: Toast Coetzer