HOE GLY EK?

Cape Canopy Tours is ’n unieke ervaring waar jy die Hottentots-Holland-reservaat uit ’n nuwe perspektief sien. Die toer bestaan uit 11 glykabels, waarvan sommige langer as 300 m is, waarvandaan jy die reservaat uit hoog in die lug kan sien.

Elke glykabel eindig op ’n platform wat uitkyk oor die berge en fynbos van die Riviersonderendkloof. Een van die hoogtepunte van die toer is ’n hangbrug oor ’n waterval in ’n smal sandsteenkloof. Die toer is ’n begeleide natuurervaring wat tussen 4 en 5 uur duur.

Wil jy weet hoe dit voel? Lees hier: ’n Weg-joernalis het laasjaar die Cape Canopy Tour onder die volmaan gedoen! Die toere vind egter hoofsaaklik in die dag plaas. 

WAAR?

Die Hottentots-Holland is ’n CapeNature-reservaat in die omgewing van Elgin en Villiersdorp (sowat 90 km buite Kaapstad).

WIE KAN ALMAL GAAN?

Dis geskik vir enigeen tussen 5 en 75

HOEVEEL KOS DIT?

Die gewone prys is R895, maar Weg-lesers betaal R845 (sonder ’n Wildcard) en R805 (met ’n Wildcard) as hulle die kode WEG18743 gebruik wanneer hulle bespreek.

WAT IS INGESLUIT?

Toegang tot die reservaat, ’n 4x4-rit na die eerste platform, ’n volledig begeleide toer, ’n versnapering langs die pad, ’n ligte middageteen reënklere (indien nodig).

WAT EK MOET BRING?

Warm klere (die weer in die Kaap is onvoorspelbaar), sonbrandroom en hoed, gemaklike skoene en klere.

WEG-LESERS KRY AFSLAG!

Gebruik dié kode wanneer jy bespreek: WEG18743

Bespreek:

www.capecanopytour.co.za ; +27 21 3000 501