AVONTUURREISPLAN

DAG 1

Ons avontuur begin in Himeville, KwaZulu-Natal,waar ons by die Stone House Cafe bymekaarkom.

Die res van die dag bring ons in die voertuie deur met ’n rit teen die ontsagwekkende Sanipas uit. Nadat ons deur die Suid-Afrikaanse grenspos is, eet ons ’n piekniekmiddagete en kruie op ons tyd teen die pas uit.

Op die kruin gaan ons Lesotho binne. Ons blyplek vir die nag is die knus Sani Mountain Lodge op die rand van die Drakensberg. Die lodge bied verruklike uitsigte oor KwaZulu-Natal.

DAG 2

Ons roete na die Katsedam neem ons oor die hoogste paaie in Suider-Afrika. Ons steek die Senqurivier oor (die Oranjerivier). By Katse bly ons in huise met ’n uitsig oor die dam. Ons eet aandete in die restaurant en ons ontspan ná ’n wonderlike dag lange rit.

DAG 3

Ná ’n groot ontbyt gaan ons op ’n begeleide toer van die Katsedamwal en kom ook meer te wete oor die Lesothohooglandwaterprojek. Daarna ry ons ’n 4x4-sirkelroete om die dam, met middagete op pad, en keer laatmiddag terug na ons blyplek.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

DAG 4

Ons ry bergpasse soos die God Help Me en Blue Mountain. Ons sien ook die Mohaledam, wat deel is van die waterprojek. Laatmiddag kom ons op die dorpie Ramabanta aan waar ons vir die volgende twee nagte by die Trading Post Lodge bly.

DAG 5

Vandag is ons rustig. Ons besoek die Maletsunyanewaterval by Semonkong waar die water 192 m ver oor ’n krans af stort. Ons eet ’n piekniekmiddagete en keer na die lodge terug om te ontspan. In die omgewing is wandelpaaie én jy kan perdry.

DAG 6

Ná ons laaste groot ontbyt saam kies ons koers in die rigting van Maseru, hoofstad van Lesotho. Van hier af ry ons om Thaba Bosiu en groet mekaar dan vir oulaas by die besoekersentrum na aan die Maserubrug-grenspos. Daarna slaan elkeen sy eie koers in.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Inligting

HOE LANK IS DIE TOER? 5 nagte, 6 dae (verblyf in lodges en gastehuise)

TOERDATUMS: 

24 – 29 Februarie 2020 

9-14 Maart 2020

HOEVEEL KOS DIT? Koste R9 450 p.p. (BTW uitgesluit) Halfprys vir kinders jongeras 10

DIE SPAN: Jou toerleier is ’n ervare natuurbewaarder en avontuur-gids. Hy sal die hele tyd in radioverbinding met jou wees en synatuur-, kultuur-, geskiedkundige en 4x4-kennis met jou deel.

INGESLUIT BY DIE PRYS: 

  • Lodge- en gastehuisverblyf vir 5 nagte. 
  • Ontbyt en aandete elke dag. Op die daaglikse uitstappies sal die gids van Bhejane en sy assistent piekniekmiddagetes voorsit.

WAT JY MOET BRING 

  • ’n Geldige paspoort en dokumentasie wat by die grenspos gewys moet word.
  • Jy moet ook alle koste betaal om oor die grens te kom.
  • Jou eie 4x4-voertuig en brandstof.

BESPREEK NOU!

Skakel 044 535 9033 of stuur e-pos na bookings@bhejane.com; bhejane.com