Napoleon Bonaparte is in 1815 hierheen verban en 6 000 Boere is hier gevange gehou tydens die Anglo-Boere-oorlog. En nou kan jy deur die geskiedenis kom stap op ’n toer na die eiland.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Video: Sophia van Taak

REISPLAN

Dag 1: Groet die eiland met ’n proe van plaaslik vervaardigde likeur.

Dag 2: Gaan op ’n begeleide toer van die eiland insluitend besoeke aan High Knoll Fort, die Boere-begraafplaas, St. Paul-katedraal, Prince’s Lodge en Deadwood Plain, asook die weerstasie.

Dag 3: Geniet ’n bootreis en geskiedkundige middagstap in Jamestown.

Dag 4: Besoek die koffieplantasie en juweliersware-boetiek, en bring die middag op jou eie deur.

Dag 5: Maak ’n draai by Briars Pavilion, waar Napoleon met sy aankoms tuisgegaan het, en Longwood House waar hy in ballingskap gewoon het tot sy sterfte in 1821. Die dag sluit af met ’n besoek aan die distilleerdery op die eiland.

Dag 6: Jy word ontvang deur die goewerneur by Plantation House, die eiland se amptelike woning.

Dag 7: ’n Begeleide staptog na Diana’s Peak, die hoogste spits op die eiland.

Dag 8: Jacob’s Ladder: Kyk of jy kans sien vir altesame 699 trappe! Die retoervlug vertrek die middag.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Sophia van Taak
Foto: Sophia van Taak

Video: Sophia van Taak


DATUMS

21-28 Maart 2020 (Bespreek teen 10 Januarie 2020)

Foto: Sophia van Taak
Foto: Sophia van Taak

KOSTE

  • Ongeveer R42 087 p.p. (£2 275) wat deel; R12 857 p.p.; £695 (enkelbybetaling)
  • Pryse is onderhewig aan verandering, die wisselkoers, bevestiging en beskikbaarheid.

Vlugte is uitgesluit. Dis ongeveer R13 970 p.p. vir ’n retoerkaartjie van Johannesburg na Jamestown.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

INGESLUIT

  • Vervoer na en van die lughawe en hotel
  • Sewe nagte by die Mantis St Helena Hotel
  • Begeleide geskiedkundige dagtoer, Jamestown-dagstap, begeleide toere na die koffieplantasie, Briars Pavilion en Longwood House, die distilleerdery en Diana’s Peak
  • ’n Bootrit, ’n besoek aan G-Unique Boutique Jewellery en ’n besoek aan Plantation House, waar die goewerneur jou gasheer is
  • Ontbyt elke dag, twee middagetes, sewe aandetes, drie piekniekmiddagetes, en middagtee

BESPREEK JOU PLEK!

    Kontak
    Gaan na weg@livethejourney.co.za of bel 021 863 6400 vir meer inligting en besprekings.