Sluit by ons aan vir ’n begeleide avontuur van 4 nagte en 5 dae. Jy gaan stap en op kajakke ry in die mooi Tuinroete. Dis ’n klein groep wat geskik is vir gesinne of ’n groep vriende. 

Jy bring net jou staptoerusting, jou kamera, verkyker en ’n dagsak. Ons is verantwoordelik vir blyplek, drie etes per dag, toegangstariewe tot die parke en reservate, sowel as vervoer van een staproete na die volgende. 

VERBLYF

Waar bly ek? Die Bitou River Lodge op die oewer van die Bitourivier (www.bitou.co.za)

Plettenberg bay hiking trails. Jubilee Creek. WEGG
Foto: Verskaf

Die roete

Ons spesialisgids neem jou deur die Knysna-woud op staproetes wat deur kusfynbos en langs rotsagtige kuslyne loop. Die uitsigte is onverbeterlik, die voëls volop en die lug skoon. Elke dag bied aan stappers seldsame ondervindings soos skemerkelkies op ’n kajak of middagete tussen die wingerde op ’n wynplaas.

Sluit elke aand af met aandete by een van Plett se restaurante – saam met die nuwe vriende wat jy op die roetes ontmoet het.

Plettenberg bay hiking trails. Jubilee Creek. WEGG
Foto: Verskaf

DATUMS EN KOSTE

27 Februarie-2 Maart 2020 

25-29 Maart 2020 

15-19 April 2020 

R9 250 p.p. wat deel

WAT IS INGESLUIT? 

• Luukse blyplek

• Drie etes elke dag 

• Die dienste van ’n professionele stapgids

• Alle toegangstariewe en permitte vir die natuurreservate 

• Vervoer van een staproete na die volgende

BESPREEK NOU!
Lees die volle reisplan by: info@venturebeyond.co.zaventurebeyond.co.za; 044 535 9033