TOERINLIGTING

11 NAGTE, 12 DAE (TENTVERBLYF)

DATUM 1-12 September 2018.

PRYS R12 250 p.p. wat deel (halfprys vir kinders o.10) – BTW uitgesluit.

BHEJANE VERSKAF

•  Alle kamptariewe.

•  Alle parktoegangstariewe.

•  Alle geadverteerde aktiwiteite.

•  Bhejane Adventures verskaf alle tente, eetgerei en breekgoed.

•  Drie etes per dag.

•  Tee en koffie vanaf 6 vm. tot laat, terwyl jy in die kamp is.

•  Professionele gidse en toerleiers.

•  Tweerigtingradiokommunikasie.

WAT JY MOET BRING

•  Jou voertuig en brandstof.

•  Jou eie matras of kampbed en beddegoed.

•  Opvoustoele.

•  Drinkgoed en versnaperinge vir tussen maaltye.

•  Reisversekering en mediese versekering wat voorsiening maak vir noodontruimings.

•  Grenstariewe en padbelasting.

•  Jou paspoort.

REISPLAN

DAG 1

Ons kom die middag op Swakopmund bymekaar en geniet aandete om die vuur. Jou gids gebruik die geleentheid om met jou te gesels oor wat jy die volgende twaalf dae kan verwag.

DAG 2

Ons bring die dag op Swakopmund deur. Hier is ’n verskeidenheid van aktiwiteite soos valskermspring, sandplankry, ’n walvis- en dolfynkykbootvaart en quadfietsry in die woestyn. Jou spanleier sal jou help om reëlings hiervoor tetref, maar dié aktiwiteite is op jou eie koste.

DAG 3

Ná ’n stewige ontbyt mik ons vir Brandberg oor die Kaapse pelsrobkolonie by Robpunt. Ons geniet piekniek langs die pad, en wanneer ons by die Dorob- nasionale parkgebied aanland, het die span reeds die potte op die vuur.

DAG 4

Ná ontbyt vertrek ons op ’n begeleide staptoer in die Brandberg om die bekende “White Lady” en ander rotskuns te sien. Ons hou piekniek langs die pad en keer dan terug kamp toe om die middag om die swembad te ontspan. Laatmiddag ry ons na die voet van ’n koppie waar ons skemerkelkies geniet terwyl ons ’n skouspelagtige sonsondergang in die woestyn gadeslaan.

DAG 5

Ons besoek die Verbrande Berg en die Orrelpype en leer meer oor die welwitschias van die woestyn. Twyfelfontein, met sy oeroue rotsgravures is ons volgende bestemming, gevolg deur die Versteende Woud, ’n plek waar enorme gefossileerdeboomstompe vir ’n manjifieke toneel sorg.

DAG 6

Ons ontdek die Toro-bewaringsgebied, waar ons die loop van die droë Huab- en Uniabrivier volg – en hopelik woestynolifante en swartrenosters sien.

DAG 7

Ons reis wes in die rigting van die kus en bereik die Skedelkus -nasionale park waar ons Torabaai besoek en in die rigting van die Uniab-waterval stap. Ons geniet middagete langs die kus en ry dan terug oos, na Palmwag in Damaraland.

DAG 8

Ons ry oor die Grootbergpas op pad na Kamanjab en Outjo, waar ons brandstof ingooi. En dan mik ons Etosha toe waar ons laatmiddag op ’n wildrit gaan. Ons bring die res van die aand in die kamp deur en maak ons tuis by die verligte watergat.

DAG 9

Jy kan die oggend óf in die skaduwee by die Ombika-watergat deurbring óf op ’n wildrit deur die Etosha gaan. Vroegmiddag ontspan ons langs die swembad en later besoek ons die Sprokieswoud waar die eienaardige Afrika-moringa groei.

DAE 10 EN 11


Dit is die laaste twee dae van ons reis en elkeen kry die geleentheid om die grote Etosha op sy eie te gaan verken. Teen dié tyd weet jy al watter deel jou gunsteling is en waar jy die meeste diere gesien het... of waar die leeus behoort te wees.

DAG 12

Ná ’n stewige ontbyt is dit ongelukkig tyd om jou nuwe vriende en reisgenote te groet, want dis tyd om op te pak en die pad huis toe aan te durf.

Ja, ek wil ook gaan!

Bel 044 535 9033 vir besprekings of stuur e-pos na bookings@bhejane.combhejane.com