Pieter, wat die stelsel wat hy self gebou en “Ligloop” gedoop het, het in 2014 sy storie met ons gedeel.

Beskryf die stelsel

Die plan het ontstaan voor ons in Maart 2011 saam met vriende na die Sentraal-Kalahari-wildreservaat getoer het. Ek hou niks van ’n daktent nie en stel ook nie belang in tent opslaan of swaar sleep nie.

Die oplossing was om die bakkie se laaibak in ’n slaapkajuit te omskep. Die 1987 Venter-sleepwaentjie is ingerig om pakplek te wees en om die vrieskas en kombuisgoed te hou.

Verder het ek die agtersitplek van ons 2005 Nissan Hardbody-dubbelkajuitbakkie uitgehaal en ’n rak ingebou met laaie en ’n klein elektriese koelboks vir drinkgoed terwyl ons ry.

Dit is dus baie meer as ’n slim sleepwa of ’n oulike plan vir ’n slaapplek; alles is aangepas om die kampervaring so lekker as moontlik te maak. Boonop is die waentjie baie kleiner en ligter as die deursnee groot, luukse boswa met ’n daktent, uittrekkombuis en wat nog alles op die mark.

Hoe het jy die waentjie verander?

Omdat die waentjie nie meer vandag se kind is nie, het ek die onderstel afgeskuur en met ’n roesmiddel behandel. Daarna het ek 50 mm-staalblokkies tussen die aste en die vere ingesit om die waentjie te lig. Sodoende kon ek die 10 duim-vellings met 13 duim-vellings vervang en die waentjie staan nou byna 100 mm hoër as voorheen.

Ek het ’n neuskas van 20 mm-hout gebou en jerrykanhouers van staal gemaak, wat ek aan die kant van die waentjie vasgebout het. Ek het ’n ou dakrak gevat, kleiner gemaak en op die deksel van die waentjie vasgebout.

Ek het twee houttafelblaaie gemaak: Een knip aan die kant van die waentjie vas en die ander aan die agterkant. Albei dien as kombuiswerkblad.

Laastens is die hele waentjie oorgeverf, die bedrading oorgedoen en ’n nuwe voorwiel met ’n slinger ingesit omdat die waentjie nou hoër staan.

Die binnekant van die waentjie is in hokkies ingedeel waarin al die houers, gasyskas en ’n vrieskas inpas. As ons ry, word alles met rekke vasgetrek.

Laastens is ’n elektriese sok aan die buitekant gesit waar deur jy die kampplek se elektrisiteit kan gebruik om die yskas en vrieskas aan te dryf.

Hoe werk die slaapkajuit in die bakkie?

Die laaibak is sowat 1,4 m x 1,4 m groot. Dit is wyd genoeg vir twee mense om langs mekaar te slaap, maar te kort. As jy die agterklap oopmaak, is dit langer as 1,9 m, wat lank genoeg is vir ’n bed.

Ek het twee staalstawe gemaak wat aan die hoeke van die agterklap en by die hoeke van die veselglaskappie se luik inhaak. Die stawe hou die kappie se luik horisontaal.

Daarna het ek ’n boksvormige tent van blou seilmateriaal laat maak. Dit pas oor die agterklap en opgeslaande luik en maak die kante toe. Dit trek met rekke aan die onderstel, die kante van die bakkie en die dakrak vas. Daar is ’n groot agterdeur met ’n ritssluiter en gaasvenster.

Die kappie se vensters het muskietgaas voor hulle. Ek het die matras laat pasmaak by Steenberg Canvas in Brakpan. Die gedeelte van die matras wat op die agterklap rus as hy oopvou, vou net eenvoudig binnetoe as die klap toegemaak word.

Wat is op die dak?

Daar is twee stewige pype bo-op die bakkie se dak. Ek het ’n platform van houtplanke gemaak wat ek met U-boute aan hierdie pype vasgemaak het. Bo-op die dakrak ry ons die tweede noodwiel, plastiekwaterkanne en ’n klein 12V-battery saam. Laasgenoemde is gekoppel aan ’n waaier en bedlampie in die slaapkajuit.

Selfdoen
Prop in. Die dakrak op die waentjie is spesifiek vir goed wat lomp is en ander goed kan vuil smeer soos die braairooster en swartpot. Dit het ook ’n ingeboude kragsok vir 220 V-krag.

Hoe werk dit?

Dansvloer. Die houtdakrak is aan die twee bestaande pype op die bakkie se kap vasgebout.

Pak hom. Bo-op die dakrak word die ekstra noodwiel, battery en watertenks gelaai. Die tentpale word in een van die plastiekpype gebêre.

Hou vas jou matras. Die sponsmatras is pasgemaak om agter in die bakkie te pas. Die gedeelte op die agterklap vou binnetoe as die klap toegemaak word.

Hou vas jou matras. Die sponsmatras is pasgemaak om agter in die bakkie te pas. Die gedeelte op die agterklap vou binnetoe as die klap toegemaak word.
Selfdoen
Op sy plek. Die bodem van die sleepwa is verdeel in kompartemente. Die gasyskas, kampvrieskas, twee koelbokse en al die kombuisgerei om gerieflik te kamp moes plek kry.

Waar sit ons? Die agtersitplek is uitgehaal en ’n houtkas met laaie, plek vir ’n elektriese koelboks en lampies en liggies is in sy plek ingesit.

Staan hoër. Om die sleepwa ’n bietjie hoër in sy sokkies te laat staan is ’n staalblok van 50 mm hoog tussen die as en vere ingesweis. Groter wiele is ook opgesit.

Op sy plek. Die bodem van die sleepwa is verdeel in kompartemente. Die gasyskas, kampvrieskas, twee koelbokse en al die kombuisgerei om lekker te kamp moet plek kry.

Pak uit. Twee houttafels knip aan die kant van die waentjie vas om plek te maak vir die kombuisgoed. Pieter het ook jerrykanhouers gemaak wat aan die kant van die waentjie vasgebout is.

Prop in. Die dakrak op die waentjie is spesifiek vir goed wat lomp is en ander goed kan vuil smeer soos die braairooster en swartpot. Dit het ook ’n ingeboude kragsok vir 12V-krag.

Nuwe wiel. Die oorspronklike neuswiel van die waentjie is vervang met ’n meer robuuste karavaanneuswiel.

Selfdoen
Pak hom. Bo-op die dakrak word die ekstra noodwiel, battery en watertenks gelaai. Die tentpale word netjies in een van die plastiekpype gebêre.

Hierdie artikel het oorspronklik in WegRy #59 (April 2014) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het – laat weet gerus as jy so iets raaksien.