Ons moes onlangs weens gure weer in ons tent kosmaak. Toe ek sien hoe die stoom teen die dak kondenseer, het ek aan die suigwaaier bo ons stoof by die huis gedink. Ek het onmiddellik my sketsboek nader getrek en dié plan beraam. 

Só maak jy

1. Sny die plaat met die hoekslyper in die grootte wat jy die “boksdeel” bo jou stofie wil hê.

2. Buig die plaat sodat dit die stofie “omhels” en ’n afdakkie bo-oor vorm.

3. Meet en sny twee gate vir die waaiers in die afdakkie.

4. Sny die gaasplaat groot genoeg sodat dit onder die waaiers inpas.

5. Skroef ’n paar hakies of skroefies vas in die kante van die boks waarop die gaasplaat kan rus.

6. Skroef die rekenaarwaaiers in die afdakkie vas en koppel hulle aan ’n 12V-omskakelaar.

7. Bedek die gaasplaat met pluisstof en skuif dit onder die waaiers in. Die waaiers suig die stoom boontoe deur die pluisstof, wat die vog en water absorbeer wat uit die kospotte kondenseer en teen die tentdak druppels sou gevorm het.

Inkopielys

• 1 stuk gegalvaniseerde plaat, volgens jou stofie se afmetings
• 2 rekenaarwaaiers, 120 mmgrootte (beskikbaar by rekenaarwinkels)
• 4-6 hakies of skroefies
• 12V-omskakelaar
• plaatgaas
• 1 stuk pluisstof (batting) of kunsdons

Gereed

skap

• hoekslyper
• maatband
• tang
• skroewedraaier