Die Hi-Tec Warrior het alles wat jy nodig het. En kyk net sy prys!  

Mense rol dikwels hul oë vir my omdat ek verkies om in Hi-Tec se Altitude-leerstewels te stap (as jy wil weet hoekom, lees hier), maar onlangs het Hi-Tec vir my hul nuwe Warrior-stapskoene gegee om te toets, en ek dink jy kan maar ’n paar gaan aanpas. Hi-Tec adverteer dit as skoene wat geskik is vir loop, multisport, reis en informele kleredrag. Kortom: Dis skoene wat ewe tuis is op ’n voetslaanpad as langs die braaivleisvuur.  

Inka
Hi-Tec se mooiste tekkie nóg

Stewig en waterdig

Niks laat my so gril soos ’n paar nat voete nie, so ek lees die etiket oor skoene se waterdigtheid twéé keer. Toe ek dus onlangs vir ’n week in sneeuweer in New York rondgeloop het, het ek doelbewus die Warriors gedra, en … my voete was die hele tyd droog!

Boonop het die sole lekker vastrap op die gladde ys gegee – ek is dus oortuig hy sal ook sy man op los gruis kan staan. Ek kan dus nie regtig kla nie – die Warriors tik al die boksies van eienskappe wat ek van ’n stapskoen vereis. Hulle is boonop ligter as leerstewels, wat veral in warm somerweer welkom is.

Inka
Ewe tuis op sneeu en gladde oppervlakke

My gunstelingeienskappe:

• Ek hou van die voorkoms! Trouens, ek dink dis een van die mooiste tekkies wat Hi-Tec nog ontwerp het. Vir die vroue is dit ook in swart beskikbaar; vir die mans in liggrys, swart en blou; en vir die kinders in blou, rooi en swart.

Inka
Waterdigte bostukke
Inka
Sole wat kan vastrap
Inka
En 'n mooi voorkoms

• Die bostukke is waterdig, maar steeds lig.

• Die EVA-binnesool is lekker sag en gemaklik.

• Die buitesool is van duursame rubber wat lekker vastrap.

• Teen R699 is dit goeie waarde vir geld.

Al die Warriors kan aanlyn gekoop word: 

Klik hier

Inka
Jy kan dit orals dra