FOTO’S James GaraghTY
WAT BETEKEN DIE TEGNIESE TAAL?

WR Watergradering

Dit staan ook bekend as “hydrostatichead rating” of waterkolomgraderingen toets hoeveel water of waterdruk’n waterbestande laag kan weerstaan voordat dit lek.

As jy dus iets sien soos 10 000 WP,W/P of 10 000 mm, beteken ditdie materiaal kan ’n kolom van10 000 mm water weerstaan voordatwater begin deursyfer.

DWR Durable Water Repellent

Dis ’n laag wat aangewend word ommateriaal waterwerend te maak.

MVTR Moisture VapourTransmission Rate

Hierdie word aangebied as g/m²/24en verduidelik hoeveel vog in 24uur deur ’n vierkante meter materiaalin kan beweeg. Hoe hoër diewaarde, hoe beter beweeg die vogdeur die materiaal. Dis ’n manierom te bepaal hoe goed die materiaalkan asemhaal.

Patagonia Houdini 

Dís die baadjie wat jy soek vir iets ligs (102 g) om jou droog te hou sonder dat jy ingeperk voel wanneer jy hardloop, klim of fietsry.

Dis gemaak van 100% herwonne nylon-Ripstop met ’n DWR- (Durable Water Repellent) afwerking. Dit blokkeer wind, hou water uit en sal nie sommer skeur van stampe en skuur nie.

Die baadjie pas knus, maar jy kan steeds ’n basis- of middellaag onder dit dra. Die baadjie het ook ’n kappie met ’n trekkoord. Opvou is maklik: Die baadjie het sy eie sakkie in die bors en ’n lus vir ’n karabynhaak; dus kan jy dit enige plek ophang. Daarby kry jy Patogonia se lewenslange waarborg.

R1 700 by Gone Outdoor


Atka Drybag 

Waterbabas het ’n sak nodig om hulle toerusting droog te hou op avonture. Dié droogsak is gemaak van waterbestande viniel. Dis ’n baie goeie belegging.

Dis beskikbaar in vier groottes: 5 liter (foto), 10 liter, 15 liter en 20 liter; elkeen het ’n skouerband. Die sak is maklik om skoon te maak en op te vou. En dit dryf! Niks van jou kosbare toerusting sal ooit sink nie.

R205 vir ’n 5 l-sak  awesometools.co.za


First Ascent Ultralight Rucksack Poncho

Hierdie kledingstuk gaan nooit op ’n loopplank pryk nie, maar dis prakties en duursaam. Dit kan gebruik word as ’n poncho, grondseil of selfs as ’n tent as die nood druk. Dis ook maklik om te dra en te bêre.

Die poncho het ’n gordel en Velcro om dit perfek te laat pas, asook ’n kappie met ’n koord. Indien jy die poncho as ’n tent gebruik, het dit ankerpunte. Hou die poncho permanent in jou rugsak of mossienes.

R600 by Outdoor Warehouse


Windproof Cyclone Buff

Hierdie is van die goedkoopste items op ons lys, maar die beskerming wat dit bied, kan nie geklop word nie. Hierdie dubbellaag-buff word gemaak van ’n kombinasie van poliëster-mikrovesel en Gore-Tex Windstopper. Die buff is dus windbestand én waterwerend. Dit word behandel met ’n chemiese stof genaamd Polygiene wat silwerione bevat om bakterieë teë te werk; jou buff sal dus vir langer vars bly.

Dis sag, elasties en liggewig (153 g) en kan in die wasmasjien gegooi word. Dra dit as ’n masker of nekserp.

R540 by Cape Union Mart


Cape Union Mart K-Way Dash Jacket

Hierdie rooi baadjie weeg net 380 g en is een van ons gunstelinge op koue dae. Dit pas gemaklik en is ten volle waterbestand met ’n 10 000 WP-gradering.

Die baadjie se nate is geseël, die mouboortjies kan rek en ’n trekkoord hou wind uit. Die materiaal kan asemhaal en vog deur die luginlate op die rugkant laat (10 000g/m²/24). Die kappie het ’n effense spits en is elasties en verstelbaar.

Daarby is die baadjie selfs ekovriendelik aangesien die driedubbelde gelamineerde materiaal sonder skadelike fluoorkoolstof vervaardig word.

R2 000 by Cape Union Mart


First Ascent Flash Flood Rain Pants

  ’n Mens lees genoeg oor baadjies en buitelae, maar wat van broeke? Jou kuite moet tog ook droog bly. Hierdie liggewig broek gaan jou droog hou danksy die waterbestande gradering en dit pas gemaklik bo-oor enige broek. Dit kan ook asemhaal te danke aan die 5 000 g/m²/24 Vapourtex Shell. Jy gaan dus nooit natgesweet en geïrriteerd raak nie – al doen jy wat.

Ander slim eienskappe sluit in: Buigbare knieë vir maklike beweging; enkelritssluiters wat oor stewels pas en ’n waterwerende gatsak.

Hierdie broek is ideaal vir reisigers, avonturiers en vissermanne.

R1 300 by First Ascent


First Ascent Full Calf Waterproof Gaiters

Soms het ’n mens beskerming nodig vir jou bene, al reën dit nie... Soos op ’n staptog waar klippe en modder in jou stewels kan kom.

Hierdie beenskutte word gemaak van 600D-poliëster en pas mooi om jou bene danksy die hakie aan die voorkant, ’n verwyderbare hakkoord en ’n stormtou.

Velcro-stroke help dat jy elke skut kan verstel.

R350 Outdoor Warehouse


Sea To Summit Mini Umbrella

In die winter het elkeen ’n sambreel nodig om droog te bly. Dié wenner word gemaak van duursame nylon, en dis liggewig (150 g). Dit vou ook klein op en is net 16 cm lank wanneer dit opgevou is. Dis klein genoeg vir jou rugsak of mossienes.

R440 by Sportsmans Warehouse


Thule Chasm

Hierdie is die sak wat al jou kosbare katoeters veilig en droog hou. Dis beskikbaar in ’n groottes van 40 liter, 70 liter, 90 liter en 130 liter. Die Chasm het ’n skouerband as jy die sak nie as ’n duffelsak wil gebruik nie. Die materiaal is duursaam, waterbestand en ftalaat-vry; daarby sal dit nie skeur nie.

Die onderkant van die sak is versterk en binne is verskeie kompartemente, asook buitesakke en ’n sluitbare sakkie.

R2 000 by thulestore.co.za


K-Way Kilimanjaro Shell Jacket

Vir berge tem kort ’n mens drie lae beskerming. Hierdie baadjie is effe swaarder as die ander op ons lys (510 g), maar dit het ook die hoogste watergradering (15 000 WR) en vogdeurlaatvermoë (15 000 g/m²/24).

Sweet sal verdamp wanneer jy baie aktief is, maar geen reën sal deur dié baadjie kom nie. Bykomende ventilasie is ingebou in die ritssluiters onder die armholtes, en die elmboë is ekstra buigsaam. Die baadjie het ook ’n verstelbare kappie en ’n versterkte sonskerm. Dís nou beskerming teen die elemente.

R2 600 by Cape Union Mart

WR Watergradering
Dit staan ook bekend as “hydrostatic head rating” of waterkolomgradering en toets hoeveel water of waterdruk ’n waterbestande laag kan weerstaan voordat dit lek. As jy dus iets sien soos 10 000 WP, W/P of 10 000 mm, beteken dit die materiaal kan ’n kolom van 10 000 mm water weerstaan voordat water begin deursyfer.

Bly bestand teen water

Osprey Ultralight Rain Cover 

Hierdie is ’n belegging indien jou rugsak nie sy eie bedekking het nie. Dit het ook sy eie drasak.

R600 by Outdoor Warehouse   


Mac In A Sac

’n Piepklein waterbestande baadjie vir wanneer jy onkant betrap word. ’n Broek is ook beskikbaar.

R850 by Trappers 


Storm Waterproof+ spray 

Bespuit jou klere en maak dit meer waterdig. Daar is ook ’n weergawe genaamd Storm beskikbaar om jou stewels te behandel.

R150 by Cape Union Mart


Coughlan’s Waterproof Matches

Hou dié vuurhoutjies byderhand as tweede opsie in reënweer.

R60 by Outdoor Warehouse


Slingsby Waterproof Maps

Hou koers met jou Slingsby-kaart. Elkeen is gedruk op waterbestande papier.

R170 by Cape Union Mart

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. 

Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook.