Waterbuck-braairooster

Tonglite-braaitang
Tonglite-braaitang

’n Mens kan eenvoudig nie sonder ’n ordentlike rooster braai nie.

Hierdie een word gemaak van goeie vlekvrye staal en is groot genoeg vir báie gaste wat laat wil kuier – ongeag van waar julle is.

Gebruik dit saam met die verstelbare staander vir uitstekende resultate.

R250 by tentco.co.za

Cameron Meat Smoker

Cameron Meat Smoker
Cameron Meat Smoker

Dié eenvoudige stuk gereedskap verhef amper enige braaigereg tot ’n hoër vlak.

Gooi net speserye van jou keuse by, en rook vleis, vis en selfs groente.

Dit werk selfs bo-op ’n stoofplaat.

R800 by Outdoor Warehouse

Tonglite-braaitang

Tonglite-braaitang
Tonglite-braaitang

“Dis donker” is nie ’n verskoning vir droë boerewors of taai steak nie.

Hierdie braaitang het ’n ingeboude LED-lig sodat jy geen rede het om aandete te skroei nie.

R300 by Cape Union Mart

Oztrail Jaffle Iron

Tonglite-braaitang
Tonglite-braaitang

Die meeste van ons ken hierdie kampvuurgunsteling: ’n Jaffelpan verhef ’n nederige braaibroodjie tot die vlak van ’n gourmet-ete deur die rande te seël, ’n rookgeur en ekstra hitte by te voeg.

Hierdie een word gemaak van hoëdigtheids-yster en gaan langer as jou leeftyd hou. Die lang handvatsel en diep, egalige kookoppervlak maak dit maklik om te gebruik en skoon te maak. En dit bied ’n geldige verskoning om nog langer rondom die braai of kampvuur te kuier.

Jy hoef nie net by spek-en-eier of ham-kaas-en-tamatie te bly nie. Eksperimenteer gerus met nageregte soos appelpastei en sjokolade-en-piesang.

R250 by winkel.weg.co.za

Campmaster-broodpot

Campmaster-broodpot
Campmaster-broodpot

Brood en braai is soos Victor en Bakkies. Onafskeidbaar.

Niks ruik of is lekkerder as varsgebakte brood nie. Braaiwenk: Bak ’n broodjie wanneer jy jou LK-no. 3 gebruik om ’n beesstertpotjie te maak.

Wat is beter as ’n korsie om daai sous mee te geniet?

R300 by Makro

Kleen Kanteen Growler

Kleen Kanteen Growler
Kleen Kanteen Growler

“Growler” is die deftige naam vir ’n beker of ’n kruik waarin jy jou bier kan bêre en word gewoonlik van glas of metaal gemaak.

Ons hou van hierdie een van vlekvrye staal: Danksy die dubbellaag-vakuum-insolering hou dit enige vloeistof (veral bier!) yskoud; niks is plastiek nie; die beker is gebou om te hou; en die swaaideksel seël só dig dat jou Coke nie borrels verloor nie.

Dié Growler hou 950 ml; dus kan jy lekker diep en lank sit met jou bier, koeldrank, wyn, koffie of kombucha.

R600 by awesometools.co.za

LK-no. 3-potjie

LK-no. 3-potjie
LK-no. 3-potjie

Hierdie pot gaan lank hou, dis draagbaar en kan baie leë mae vul.

Ons hou van die helderrooi, blou en groen emaljekleure. Dis beskikbaar in verskillende groottes.

R1 700 yuppiechef.co.za

Weber Compact 57 cm

Weber Compact 57 cm
Weber Compact 57 cm

Hierdie is dalk die beste braai-uitvindsel ooit. Ons ken halfdromme, opgestapelde bakstene, Skoonpa se doen-dit-selftuisbraaiskepping en vele meer...

Maar hierdie netjiese porselein-en-emalje-ontwerp met sy roesvrye aluminiumonderdele is duursaam, maklik om skoon te maak en bied egalige hitte en lugvloei.

Daar is natuurlik duurder modelle met termometers en roosterkatoeters, maar ons skat hierdie is al wat jy nodig het. Met die wiele kan jy die braai vinnig uit die wind uit na jou gunstelinghoekie in die tuin skuif en die toestel het ’n tienjaarwaarborg.

R2 200 by weber.co.za

Campmaster- opvoubare braai

Campmaster-opvoubare braai
Campmaster-opvoubare braai

Dié braai is prakties én draagbaar. Dit weeg net 6 kg, is gemaak van vlekvrye staal en die rooster is met chroom bedek.

Dis stewig, maklik om op te stel, het ’n eenjaarwaarborg en ’n drasak.

R700; campmaster.co.za

Fireside Fire Pit & Braai

Fireside Fire Pit & Braai
Fireside Fire Pit & Braai

Dié slimjan vang twee vlieë met een klap: Nie net is dit ’n netjiese draagbare braai nie, maar ook ’n ordentlike vuurput vir laatnagkuiers met familie en vriende.

R2 000 by Outdoor Warehouse

Garcima La Ideal- emaljepaellapan

emaljepaellapan
Garcima La Ideal-emaljepaellapan

Min dinge is so lekker soos paella. Dié pan is dalk duur, maar ’n uitstekende belegging.

Beïndruk jou vriende met tapas, maak frittatas vir ontbyt of ’n seekospaella op ’n gas- of houtskoolbraai.

Die emaljebedekking help om die paella se socarrat te vorm, dis daai souterige ryskors aan die onderkant van die pan; en ná die tyd maak jy dit sonder sukkel skoon.

R950 by yuppiechef.com

Weber Gourmet BBQ System Pizza Stone

Weber
Weber Gourmet BBQ System Pizza Stone

Fynproewers gaan vir jou vertel pizza hoort nie op ’n braai nie.

Maar wat weet hulle? Jy het nie ’n peper(oni)duur pizza-oond nodig nie. Kry een van hierdie pizza-stene wat in enige ketelbraai pas.

Maar as jy regtig ernstig is oor pizza, kan jy die Kettle Caddy Charcoal Braai Pizza Oven Extension (R2 700 by yuppiechef.com) aanskaf.

Intussen is die steen goed genoeg vir ons.

R870 (pizza-steen) by weber.co.za

Cadac Citi Chef 40

Gee gas

Ontmoet die kordate generaal van draagbare gas-braaiers.

Dis klein genoeg om op ’n woonstelbalkon te pas. Dit bied verbasend baie hitte oor ’n egalige oppervlakte (38 cm) en jy kan die temperatuur beheer.

Jy kan selfs butaan en propaan inspan. Selfs braaiers wat gas haat, gee toe dié een is nogal oulik.

R3 650 fruugo.co.za

Tentco Deluxe- direkteurstoel

Tonglite-braaitang
Tonglite-braaitang

Dis byna verpligtend om ’n duursame, gemaklike en draagbare stoel te hê waarin jy kan neerplons wanneer jy braai.

Daar is eenvoudiger en meer bekostigbare stoele op die mark, maar ons sal ekstra betaal vir hierdie swaargewig (hy kan tot 180 kg dra) met sy opvoukanttafeltjie.

R640, tentco.co.za

BRAAIVRINNE

Dis nie net die soort hout wat tel nie, maar ook bybehore soos hierdie wat jou braaikuiers lekkerder maak.

Campmaster 3-in-1-roosterborsel

Campmaster 3-in-1-roosterborsel
Campmaster 3-in-1-roosterborsel

Lui braaiers gaan sê jy hoef nie jou rooster skoon te maak nie. Ignoreer hulle.

Gebruik dié borsel en skraper om dinge netjies en higiënies te hou. R60 by Makro

Flameclub Extra Length Flexi-turbo-gasaansteker

Flameclub
Flameclub Extra Length Flexi-turbo-gasaansteker

Jy hoef nie met vuurhoutjies in die wind te sukkel nie; kry eerder een van dié oulike aanstekers.

R70 by Outdoor Warehouse

If You Care-vuuraanstekers

If You Care-vuuraanstekers
If You Care-vuuraanstekers

Hierdie klein vuuraanstekers word gemaak van eko-vriendelike materiaal en bevat geen gifstowwe of petroleum nie.

R40 by yuppiechef.com

Opinel No. 8-voumes

Opinel No. 8-voumes
Opinel No. 8-voumes

Dis handig vir buitetake, en veral wanneer jy biltong wil kerf terwyl jy op die regte kole wag.

R505 by awesometools.co.za

Weber-speelgoedbraai

Weber-speelgoedbraai
Weber-speelgoedbraai

’n Boompie moet van jongs af gebuig word! Toekomstige braaiertjies kan ure lank met dié speelstel oefen hoe om ’n braaitang te gebruik en wanneer ’n steak gedraai word.

R600; weber.co.za