Suid-Afrikaners hou nou maar eenmaal daarvan om in die buitelug kos te maak en te eet... en dis nie altyd noodwendig ’n tjop en ’n stukkie wors op die rooster nie. Min dinge kry meer aftrek as ’n potjie. ’n Mens kan amper sê dis nie net ’n maaltyd nie, maar eerder ’n gebeurtenis.

Maar potjiekos is net een voorbeeld: daar is ’n legio ander maniere om kos in die buitelug gaar te kry, maar die een gemene deler is gewoonlik ’n gietysterproduk.

Pas hom mooi op

Die goeie nuus is die meeste hedendaagse produkteis reeds kookgereed – in Engelsnoem hulle dit cured – soos hy op die winkelrak staan. Dit beteken hy is spesiaal met olie behandel om te keer dat hy roes terwyl hy op die rak vir jou wag. Vir ekstra gemoedsrus kan jy om weer behandel voor jy hom die eerste keer gebruik.

Só behandel jy gietyster

  • Was die pot met warm seepwater en spoel hom goed af.
  • Verhit die oond tot 180 ºC en sit die pot én deksel daarin sodat hy heeltemal droog kan word.
  • Gebruik ’n stuk kombuispapier of skoon lap en vryf die pot binne én buite met kookolie in. As jy die pot of deksel lig en die olie loop vinnig af, het jy te veel olie gebruik.
  • Bak die pot en deksel vir ’n uur in die oond.
  • Laat die pot dan afkoel en vee dit weer ’n slag met kombuispapier uit. So maklik soos dit.

Nuttige wenke om te verseker jy kan jou pot dekades lank gebruik:

1. Dit is nooit ’n goeie plan om jou gietysterprodukte in water te week nie. Jy kan die yster beskadig en dit laat roes.

2. Maak dit eerder droog sodra jy gewas het.

3. Gebruik ’n skuurder om die aangebrande plekke skoon te kry en behandel hom weer met olie soos hiernaas beskryf..