’n Mens skrik groot as jy sien jou woonwa se opslaandak staan penorent in die wind terwyl jy teen 100 km/h sleep, sê Dave Ellis van die Kaap. Daarom het hy ’n maklike oplossing gevind. 

“Neem ’n houtplankie van 15 cm x 6 cm en saag twee ronde kepe aan weerskante van die plankie se lengte. Die holtes moet groot en diep genoeg wees sodat die plankie tussen die twee pale inpas wat parallel teenoor mekaar loop en jou dak toehou. 

“Saag die skerp hoekies van die plankie af en maak dit rond sodat dit nie in jou woonwa se dak druk nie, en sit dit tussen die plankies in net voor jy die pad vat.”

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. 

Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook