Só maak jy

Koop ’n 25 x 25 mm-vierkantbuis van 1 m en ’n 6 x 40 mm-platyster van 1 m. As jou sleephaak reeds ’n valplaat het, kan jy enige van die oorblywende gate op die plaat gebruik om die yskasstaander vas te maak. Meet die yskas se breedte en saag die vierkantbuis – waarop jou yskas rus – daarvolgens sodat dit ’n paar sentimeter langer is as wat die yskas breed is.

Doen dieselfde met die platyster.

Merk die gate van die valplaat, waar jy dit aan die valplaat gaan vasbout, duidelik  op die platyster. Boor die gate met ’n 12 mm-boorpunt en bout dit tydelik aan die valplaat vas. Bepaal nou hoe hoog jou vierkantyster moet wees wat loodreg met die platyster loop en waarop die tweede deel van jou platyster lê.

Verwyder die platyster van die valplaat en sweis al die dele aanmekaar. Verf laastens die staander met ’n roesbestande verf.


Hierdie wenk het in Wegsleep #44, Mei 2012 verskyn.Laat weet ons van enige ander slimplanne met 'n yskas se deksel wat wil toeklap. Stuur 'n epos na digitaal@weg.co.za.