Foto's: James Garaghty

Leatherman Crunch: Vir die kranige nutsman

Hierdie katoeter kan sy man staan in die kampterrein, maar kan ook ingespan word vir take rondom die huis. Hoewel dit kompak is (net 10 cm lank), bied dit ’n opvoubare knyptang en 10 stukke toerusting wat kan sluit.

Die Crunch het vier verskillende skroewedraaiers, ’n metaal- en houtvyl, draadstropers, ’n draadsnyer, twee verskillende knyptange en ’n nuttige getande mes. Dis taai en duursaam.

R2 400 by Kloppers

Cape Union Mart Scout: Vir die winskopiejagter

Jy sal nie ’n beter mesmoertang vir R400 koop nie. Hierdie een is kompak, stewig en weeg net 235 g. Daarby bied dit 10 funksies insluitend ’n knyptang, ’n snylem, ’n saag en, belangrik, ’n ordentlike mes van 6,5 cm.

Die Scout is ideaal vir iemand wat pas ’n kamptoerustingversameling begin.

R400 by Cape Union Mart

PicQuic Sixpac Plus: Vir 'n kitsoplossing

Hierdie slim katoeter spaar hope tyd in jou soeke na die regte boorpunt.

Dit het sewe algemene boorpunte (wat netjies in die handvatsel wegvou as jy dit nie gebruik nie), ’n geanodiseerde allooiskag en ’n stewige handvatsel. Daarby is die prys redelik. Indien jy op soek is na iets kleiners, kan jy die Stubby oorweeg, of die piepklein Teeny Turner van PicQuic.

R130 by Outdoor Warehouse 

Victorinox Huntsman

Dié bekende rooi handelsmerk waarborg gehalte en bekostigbaarheid. Hoewel daar hope sakmesse en toerustingstukke beskikbaar is onder die Victorinox-vaandel, is die Huntsman en Spartan ons gunstelinge.

Die liggewig Huntsman (97 g) is die moderne afstammeling van die legendariese Officer-mes en hoogs veeldoelig danksy 15 funksies vir die buitelewe sowel as huistake. Dit sluit in ’n houtsaag, skêr, twee lemme, ’n 3 mm- en 6 mm-skroewedraaier en ’n blikoopmaker.

R550 by Cape Union Mart

Leatherman Signal

Hierdie is Leatherman se jongste toevoeging tot die buitelewe. Onder die 19 toerustingstukke tel ’n hamer, vuuraansteker, noodfluitjie, diamantlemskerpmaker en ’n lem wat met een hand oopgevou kan word. Toegevou is hy net 11,4 cm lank en weeg 213 g.

Ons dink ook dié stuk is sag op die oog.

R2 700 by Outdoor Warehouse

Leatherman Tread

Die Tread is ’n paar jaar gelede bekend gestel en hy val dalk nie in elkeen se maak nie, maar jy sal kwalik weer sonder die regte stuk toerusting in die knyp sit.

Dié armband is beskikbaar in twee groottes: Die “normale” Tread met 35 mm-bandwydte wat 168 g weeg; en die LT-weergawe met ’n 18 mm-bandwydte en wat ’n paar gram minder weeg. Albei het 29 funksies en verstelbare skakels.

Dis meer prakties om een van hulle te dra as ’n toerustinggordel. Daar is ook ’n weergawe met ’n horlosiegesig genaamd Thread Plus Watch.

R3 250 (normal Tread) by Outdoor Warehouse

Victorinox Spartan

Hy is klein (91 x 14,5 mm), veerlig (59 g) en uitstekend aanmekaargesit. Die Spartan is ’n fantastiese sakmes wat jy aan jou sleutelring kan haak.

Hierdie mes bied 12 noodsaaklike funksies, insluitend twee messe, twee skroewedraaiers, ’n draadstroper, blikoopmaker en kurktrekker. En ja, die kamoefleer-patroon is nogal koel.

R400 by Cape Union Mart 

Sleuteloplossings…

Katoeters wat ’n mens sommer aan jou sleutelring kan hang, maak jou lewe aansienlik makliker.

Ni-Glo Glowstick

Hierdie klein selfherlaaibare gloeistok werk met sonkrag en help jou gou om jou sleutels in die donker te vind. Jy kan dit ook aan jou rugsak vasknip, of aan jou hond se leiband. Óf aan jou tentritssluiter as ’n nagliggie.

R100 by adventureinc.co.za

LED Lenser K4R

Hierdie is ’n goeie sleutelring-flitslig. Hy is taai en waterbestand en bied 60 lumens lig oor ’n radius van 10 m. Die battery hou omtrent ’n uur en ’n half. Jy kan dit met ’n USB-kabel herlaai.

R310 by Cape Union Mart

PicQuic Stubby

Dié is dalk die beste klein katoeter ooit! Jy kry ses skroewedraaierpunte en ’n magnetiese skag. Dis kompak en goedkoop.

R140 by Trappers

Baladeo Barrow Keychain Knife

Al is dié dingetjie piepklein, het hy ’n mes en vier ander toerustingstukke: ’n skêr, ’n naelvyl, ’n 2,5 mm- plat skroewedraaier en ’n naelskoonmaker. Hy weeg minder as 40 g en is gemaak van vlekvrye staal.

R200 by loot.co.za

True Utility Cash Stash

Dis altyd ’n goeie idee om ’n noodgeldjie byderhand te hou vir ingeval jou beursie soek is. Dié een word gemaak van die soort aluminium waarvan vliegtuie gemaak word.

R150 by Cape Union Mart


Natuurlik is daar ’n app...

Span jou slimfoon in om hand by te sit…

iHandy Carpenter

Ongelukkig is dié app nie gratis nie (dis ongeveer R50), maar die vyf digitale toerustingstukke vergoed vir die geld: ’n oppervlakwaterpas, skietlood, gradeboog, liniaal en ’n waterpas. Beskikbaar vir iOS en Android.

IFixIt.com

Hierdie is ’n uitgebreide aanlynhandleiding met duisende oplossings vir huistake. Kundiges is ook aanlyn, sou jy hulp nodig hê.

WikiHow.com

Koebaai, YouTube! Hierdie is wêreldwyd die bekendste sómaakmens-webwerf. Jy leer om byna enigiets rondom die huis reg te maak.

Houzz.com

Dié is Pinterest vir mense wat hulle huis in ’n paleis wil omtower.

Roomscan Pro

Hiermee kan jy binne minute ’n vloerplan optrek. Net vir iOS-gebruikers