Foto’s Cyril Klopper en verskaf

Bosbrekers en stampstawe is ’n belangrikekomponent vir voertuiewat voorberei word vir speeltyd enoorgrensavonture. Buiten dat hullesterker en harder is as standaardbuffers – enongelukkig ook swaarder – verbeter hulleook jou trokkie se nader- en vertrekhoek.

Dis boonop ’n geskikte plek om ’n wenasvas te bout vir wanneer jy só erg vasgevalhet dat geen graaf jou gaan uitkry nie.Én dan is dit ’n gawe plek om kolligte temonteer sodat jy spoke kan verwilder op’n donker aand, diep in Juliemaand, op diepad na Nooitgedacht...

PIAK-bosbreker

Perfekte pasmaat

Sommige bosbrekers vereis dat jy jou voertuig se standaardbuffer sny totdat die bosbreker netjies pas, maar PIAK se produkte sal volstop teenaan die bakwerk lê mits dit vir jou tipe voertuig ontwerp is.

Die verharde staal wat met duursame verf bedek is, sal nooit roes nie tensy dit lelik gekrap word. Die bosbreker het ook ventilasiegate wat goeie lugvloei na jou voertuig se verkoeler toelaat.

Jy kan kies tussen halogeen- en LED-misligte en daar is gate waarin jy ’n hoogligdomkrag se tand kan druk om jou voertuig op te hys. Dit het ook plek vir dagryligte, parkeersensors en bedreig nie die werking van lugsakke nie.

Prys: R19 995 by Opposite Lock.

Weg Ry & Sleep sê
Dis nie asof hy dit nodig het nie – hy’s deksels sterk – maar daar is poliuretaan-panele op die buffer, waarskynlik om ánder motors te beskerm.


Ironman 4x4 Commercial Deluxe-bosbreker

Die Aussie

Hy’s ontwerp, gebou en getoets in die uitdagende toestande van die Australiese Outback. Ironman 4x4 se bosbrekers word gevorm deur eers ’n voertuig driedimensioneel te skandeer en die bosbreker daarvolgens op ’n rekenaar te beplan.

Die staal is hard genoeg om jou trokkie in ’n botsing te beskerm, is veilig vir lugsakke, daar is monteerplek vir ’n lugdraad, en daar’s ’n staalhoepel om jou bakkie se hoofligte te beskerm.

Die Commercial Deluxe-bosbreker het ook ingeboude parkeerligte en flikkerligte wat help om jou veilig te hou, selfs in die stad.

Prys: R18 995 by Ironman 4x4.

Weg Ry & Sleep sê
Ironman 4x4 het nou ’n werkswinkel in Alberton wat jou trokkie sal uitrus, óf jy kan hulle vra waar jou naaste goedgekeurde werkswinkel is. 


Des Sol-bosbreker

Die buksie

Des Sol se bosbreker is spesifiek vir die vorige geslag Suzuki Jimny ontwerp en weeg slegs 24 kg, sodat hierdie rateltaai stuk yster nie die Jimny se betreklike swak 1,3 l-enjin opsaal met onnodige gewig nie.

Die gewig sluit in ’n skermplaat en boeiskakels. Die bosbreker is elektrolities beslaan en met duursame verf behandel om roes af te weer. Hy is ook versoenbaar met ’n wenas én ’n hoogligdomkrag.

Prys: R9 500 by Zombie Offroad. 

Weg Ry & Sleep sê
Des Sol beweer sy bosbreker word gemaak van dieselfde staal as ’n stootskraper. In daardie geval, sou ons sê, is hy sekerlik sterk genoeg...

ARB Summit-bosbreker

Hooggeag

Die Summit-bosbreker van die 4x4-toebehorevervaardiger ARB is ’n moderne verwerking van sy ouer Deluxe-bosbreker. Dit is spesifiek ontwerp om te pas by hedendaagse sportnutsvoertuie en dubbelkajuitbakkies.

Hy het monteerplekke vir twee lugdrade (VHF en UHF) op die staalhoepel en daar is plek vir kolligte – halogeen óf LED. Gepraat van ligte: Die bosbreker het ingeboude LED-flikkerligte en is versoenbaar met lugsakke met plek vir ’n wenas en gate vir ’n hoogligdomkrag. Hy word gemaak van 60,3 mm-drewelstaal en elkeen van die pilare is gebuig uit ’n enkele stuk metaal vir ekstra sterkte.

Prys: R37 168 by 4x4 Mega World.

Weg Ry & Sleep sê
Ons het een van hierdie menere op ons langtermyntoetsvoertuig gehad, en ná ’n jaar se hardhandige gebruik het ons geen klagtes nie.


Opposite Lock Premium-pilaartipe bosbreker

Lekker ouskool

Hierdie vlagskip-bosbreker van Opposite Lock herinner aan die tradisionele bosbrekers van gister, met twee dik pilare in die middel van die staaf en staalhoepels wat die ligte beskerm.

Die pilaartipe bosbreker gebruik plaatstaal wat met laser gesny word, en die enkele ononderbroke stuk staal word dan gebuig en geknak om die bosbreker te vorm. Die hoepels is ongeveer 5 cm dik en van hoek tot kant aan die staaf vasgesweis. Hy bedreig nie die werking van die lugsakke nie, en daar is monteerplek vir kolligte en ’n wenas.

Prys: Vanaf R19 995 by Opposite Lock.

Weg Ry & Sleep sê
Die Opposite Lock-bosbreker pas op ’n verskeidenheid van voertuie... nee, feitlik almal!