WEES VERANTWOORDELIK

Min dinge sê jy is gereed vir toer soos ’n gelaaide dakrak, maar hou altyd in gedagte dat jy jou voertuig se swaartepunt – en dus sy hantering – beïnvloed deur gewig op die dak te laai. Dakrakke wat deur ’n betroubare handelsnaam vervaardig word, het altyd ’n maksimumdragewig – maak seker jy oorskry dit nié, en gebruik jou gesonde verstand wanneer jy items op die dakrak pak.

Pottie Potgieter

POTJIE EN PASSTUK
POTJIE EN PASSTUK
POTJIE EN PASSTUK
POTJIE EN PASSTUK

FRONT RUNNER SE POTJIE EN PASSTUK

Daar is altyd iemand wat saam toer wat nie uitgepraat kan raak oor hoe lekker hulle eie potjiekos is nie. Dalk is dit jy? Hoe ook al, met hierdie agtermekaar stel bly jou pot stewig op sy plek terwyl jy reis.

Prys: R1 827 by Front Runner.

Ry & Sleep sê
Die passtuk is net vir ’n nr. 3-pot. Moet dus nie probeer om jou kleiner of groter potte hiermee vas te maak nie.

Water toe!

DAKRAKKE VIR KANO OF KAJAK
DAKRAKKE VIR KANO OF KAJAK
DAKRAK VIR KANO OF KAJAK
DAKRAK VIR KANO OF KAJAK

FRONT RUNNER PRO-DAKRAK VIR KANO OF KAJAK

Net omdat daar ’n rowwe pad tussen jou en jou gunstelingroeiplek is, beteken dit nie jy moet jou kano of kajak by die huis los nie. Hierdie karweierstelsel het verskeie monteerhoeke wat jy kan aanpas om by jou toerusting te pas.

Prys: R2 767 by Front Runner.

Ry & Sleep sê
Die dakrak sluit Front Runner se verstelbare rekstroppe in waarmee jy jou goed ordentlik kan vasmaak.

Hoekom is jou oë so groot?

4x4-LED-WERKLIG

IRONMAN 4x4-LED-WERKLIG

Jy kan hierdie universele lig deur Ironman 4x4 op verskeie maniere inspan. Hy kan vir lig op jou staanplek sorg, jou help wanneer jy jou bakkie in die donker moet terugstoot, of geswaai word in die rigting van die onheilspellende geluid wat jy in die veld gehoor het.

Prys: R595 by 1st Outdoor & 4x4.

Ry & Sleep sê
Hy sorg vir ’n kleurtemperatuur van 6 000 K. Dit is soortgelyk aan sonlig in die middel van die dag.

Wikkel jou los

OLYMPUS DIGITAL CAMERA8BIM
DESERT ESCAPER-SANDPLANKE

DESERT ESCAPER-SANDPLANKE

Hierdie planke word meermale in die sand gebruik, maar met die onlangse wintersneeu kan jy dit nét so goed in die Matroosberg of Lesotho inspan. Dit is ontwerp om vastrapplek vir jou bande te gee sodat jy uit die moeilikheid kan kom.

Prys: R4 490 (vir twee) by 4x4 Mega World.

Ry & Sleep sê
Jy kan hulle ook inspan wanneer jy in die modder vasval.

Die tafel gedek

FRONT RUNNER PRO-VLEKVRYESTAALTAFEL
FRONT RUNNER PRO-VLEKVRYESTAALTAFEL

FRONT RUNNER PRO-VLEKVRYESTAALTAFEL

Die beste ding van Front Runner se toebehore is hoe gaaf hulle inskakel by die vervaardiger se dakrakke. Hierdie tafel het ’n aluminiumraamwerk en ’n blad van vlekvrye staal, en hy is ontwerp om onder die Slimline II-dakrak in te gly waar hy met spesiale passtukke en ’n knip op sy plek gehou word.

Prys: R4 650 by Front Runner.

Ry & Sleep sê
Omdat hy onder die dakrak ingly, neem hy geen ruimte bo-op in beslag nie.

Pak jou plank

THULE-BRANDERPLANKKUSSINGS

Is jy op pad kus toe om in die branders te baljaar? Met dié produk kry jy jou branderplank veilig en sonder skade by die see. Hulle word van ’n hoëdigtheidsmateriaal gemaak wat jou plank teen stampe en skrape beskerm, en die glyvrye ontwerp hou jou plank mooi netjies op sy plek.

Prys: R1 000 by Sport & Cargo.

Ry & Sleep sê
Die kussings is ontwerp om saam met Thule se eie sluit- en laaistroppe gebruik te word.

Al aan die een kant...

T-MAX-60”-PLAASDOMKRAG

Moenie in die pad val sonder dat een van hierdie menere stewig aan jou dakrak vasgemaak is nie – veral as jou toertrokkie se onderstel gelig is en jy op ’n plek gaan ry waar jy nie met ’n gewone domkrag gaan bykom nie.

Prys: R1 562 by 4x4 Mega World. 

Ry & Sleep sê
Hy het ’n lae verstelling waarmee jy selfs in die moeilikste situasie behoort reg te kom.

Kan ’n man dan nie?

jerrykanne

PRO-QUIP-20 l-METAALJERRYKAN

Die Australiese handelsnaam Pro-Quip se reeks jerrykanne kom in verskillende groottes en is ontwerp volgens militêre spesifikasies. Die vervaardiger sê dié kanne lek of roes nooit nie.

Prys: R450 by Outdoor Warehouse.

Ry & Sleep sê
Die kanne word vir 10 jaar gewaarborg teen enige fabrieksfoute.

Laat waai met ’n laai

DAKRAKLAAI
DAKRAKLAAI

ALU-CAB-DAKRAKLAAI

Hierdie netjiese laai is ontwerp om tussen Alu-Cab se laaistawe te pas en kan tot 100 kg dra. Jy kan kies waar jy die laai wil hê, ongeag of jou ryding ’n dakrak, daktent of kappie het. Hy het plek vir tot drie groot ammokiste of jerrykanne.

Prys: R3 025 by 4x4 Mega World. 

Ry & Sleep sê
Die vervaardiger sê omdat die laai onder die lyn van die laaistawe sit, is die windweerstand nie groter wanneer jy ry nie.

Hou vas!

Stroppe
Stroppe
Stroppe
Stroppe

FRONT RUNNER-STROP VIR BÊREKIS

Dié strop is 40 mm breed en word gemaak van poliëster wat met staal versterk is. Dit is ontwerp met die handelsnaam se eie Cub- en Wolf Pack-bêrekiste in gedagte, maar daar is geen rede hoekom jy dit nie op iets anders kan gebruik nie. Hy het ’n knip van vlekvrye staal.

Prys: R490 by Front Runner.

Ry & Sleep sê
Maak net seker die gekombineerde lengte van jou kis se kante en bokant val binne die strop se vereistes van 700-1 050 mm.

’n Sak op die dak

IRONMAN-4x4-DAKSAK (500 l)

Wanneer jy reeds jou bakkie met ’n laaistelsel, ys-vrieskas en kombuiseenheid toegerus het, is daar waarskynlik nie veel pakplek vir jou klere en beddegoed nie. Hierdie daksak is net die antwoord. Hy word van 500 D-PVC gemaak, is waterdig en jy maak hom moeiteloos aan jou dakrak vas.

Prys: R2 495 by 1st Outdoor and 4x4. 

Ry & Sleep sê
Daar is ’n groter sak met ’n bykomende 100 l pakplek vir wanneer jou skoonma saamkom.

Draai en swaai

SKARNIERPASSTUKKE
SKARNIERPASSTUKKE
SKARNIERPASSTUKKE
SKARNIERPASSTUKKE

FRONT RUNNER-SKARNIERPASSTUKKE

Hiermee hou jy herwinningstoerusting en ander belangrike katoeters presies waar jy dit nodig het. Dit werk vir produkte van vervaardigers soos MaxTrax en TRED pro, en pas netjies langs die kant van die Front Runner Slimline II-dakrak.

Prys: R956 (vir 2) by Front Runner.

Ry & Sleep sê
Jy kan die passtukke se hoogte en hoek verstel sodat dit beter by jou veldryer se profiel pas.

Dubbeldoor

DUBBELJERRYKANHOUER
DUBBELJERRYKANHOUER

DESERT SE DUBBELJERRYKANHOUER

Wat gee jou meer gemoedsrus as ’n jerrykan vol brandstof wanneer jy die Richtersveld invaar? Twéé jerrykanne, natuurlik. Hierdie passtuk het plek vir twee en is só ontwerp dat jy een op ’n slag kan afhaal.

Prys: R961 by 4x4 Mega World. 

Ry & Sleep sê
Gebruik die een vir brandstof en die ander vir water – ’n mens weet nooit nie.

Veilige seile

THULE-SEILPLANKRAK

As Ouboet besluit het hy is nou ’n seilplankryer, gaan jy een van hierdie menere moet aanskaf wanneer julle weer see toe gaan. Hy is ontwerp om die plank en twee seilmaste met beskermende kussings en stroppe veilig tot by julle bestemming te kry.

Prys: R1 300 by Sport & Cargo.

Ry & Sleep sê
Die ontwerp is eenvoudig en maklik om te gebruik.

KRY DIE PRODUKTE HIER:
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook