“Ons het langs die Weskus getoer en daar het ons baie grondpaaie en stofpaaie gery. Wat dit nog erger gemaak het was dat daar reën geval het en dat ons dus met modder ook oor die weg moes kom. 

Elke keer as ons gestop het was dit ’n gesukkel om die slotte op die boswa oop te kry. 

Ek het toe besluit om ’n fiets se binneband in ringe te sny. Al wat dan nodig is, is om hierdie ringe oor die slot te trek sodat dit die sleutelopening bedek. 

As jy dan die slot weer wil oopsluit, skuif jy net die binneband ring uit die pad uit en daar sal dan geen modder of stof wees wat pla nie.”