’n Motor wat net “tiks” maak in die oggend of ’n lugversorging wat nie werk nie, krap ’n mens om. Maar ’n motor wat nie behoorlik in stand gehou word nie is meer as net ’n bron van frustrasie. Dit is ook lewensgevaarlik. Hoe vaar jou motor met die volgende lys dinge wat Auto Care & Diagnostics saamgestel het?

1. Lugversorging

Niks klop ’n koue, vars bries wanneer jy op ’n snikhete dag in ’n verkeersknoop sit nie. Maar jou lugversorging moet ook in stand gehou word. Die gas in die stelsel en stukkende komponente moet vervang word. Jou motor se lugversorging kan by uitgesoekte werkswinkels van Auto Care & Diagnostics (sommer kortweg ACD) versien en die gas hervul word. 

2. Outo-elektries

’n Dooie battery, aansitter of alternator kan alles dui op outo-elektriese probleme. Die elektriese stelsel in jou voertuig werk met verskeie komponente, soos drade, stroombane, herlaaieenhede, aansitters, spieëls en ligte, ruite, en nog baie meer. Die tegnici by ACD is opgelei om in al jou voertuig se elektriese behoeftes te voorsien. ACD gebruik gevorderde diagnostiese toerusting om probleme korrek te identifiseer en jou ryding so vinnig moontlik op die pad terug te kry. Hierdie diens is by uitgesoekte handelaars beskikbaar.

3. Remme

Jou voertuig se remme is kritiek belangrik vir jou veiligheid en die instandhouding daarvan is ononderhandelbaar. ’n Toename in remafstand en remme wat meegee is lewensgevaarlik. ACD bied ’n volledige remvervangingsdiens, wat insluit:

• Remkussings

• Remskywe

• Remskoene

• Remkabels en -sensors

• Hidrouliese stelsels

• Hidrouliese onderdele

• Herstelwerk aan die remstelsel

• Loopysteronderdele (“calliper components”)

ACD gebruik ’n reeks van gehalte-namarkonderdele wat gerugsteun word deur ’n waarborg van 3 maande/ 10 000 km.

4. Voertuigdiagnostiek 

Deesdae gebruik voertuie ál meer elektroniese komponente, sensors en aanboordrekenaars, en daarom is dit nodig om ook rekenaars in te span om foute op te spoor. Die meeste voertuie is toegerus met ODB II-diagnostiese passtukke en waarskuwingstelsels op die paneelbord, wat vir die bestuurder laat weet wanneer iets fout is. ACD gebruik die allernuutste diagnostiese toerusting om foute op te spoor. Die diagnostiese spanne is goed opgelei en hul toerusting word kort-kort verbeter sodat hulle probleme vinnig kan identifiseer en kan regstel. 

5. Dryflyn en transmissie

Die dryftrein verbind jou voertuig se enjin met die wiele en verskaf die krag sodat die motor kan beweeg. Hierdie komponente word aan uitermate krag blootgestel omdat die hedendaagse voertuie baie krag en wringkrag het. Die komponente word uiteraard aan slytasie blootgestel. ACD kan jou help met:

Koppelaarvervanging

ACD verkoop ’n verskeidenheid van koppelaaronderdele, wat ook hidrouliese onderdele insluit. ACD kan ook die vliegwiel skil (“skim”). Slegs onderdele van hoë gehalte met ’n waarborg vir 3 maande/ 10 000 km vir vakmanskap en vervaardigingsfoute word gebruik.

Konstantespoedkoppelstukke/Dryfasse

ACD kan enige spoedkoppelstukke (of “CV-joints”, soos dit algemeen genoem word) en dryfasse vervang. Slegs onderdele van hoë gehalte met ’n waarborg vir 3 maande/ 10 000 km vir vakmanskap en vervaardigingsfoute word gebruik.

Koeëllaervervanging

Jy kan enige koeëllaer en ABS-onderdele by ACD vervang, dit sluit ook in sensors en hub-eenhede.  Slegs onderdele van hoë gehalte met ’n waarborg vir 3 maande/ 10 000 km vir vakmanskap en vervaardigingsfoute word gebruik.

6. Enjinopknapping 

Jou voertuig se enjin is uiteraard ontsettend belangrik en jy kan nie bekostig dat ’n enkele onderdeel jou in die steek laat nie. Omdat jou enjin aan slytasie blootgestel word, is dit belangrik dat dit in stand gehou word. Hier is van die dienste wat ACD bied:

Vervanging van die tydreëlband/ Ketting

Die tydreëlband (“cambelt”) is ’n belangrike onderdeel en moet vervang word volgens die instruksie van die vervaardiger. As hierdie band ontydig breek, kan verskeie onderdele beskadig word – wat dit ’n duur storie gaan maak om dit te herstel. 

Enjinopknapping en herbouing

ACD bied volledige en gedeeltelike opknappingsdienste en herbouings vir enjins, en gebruik gehalte-onderdele daarvoor. 

7. Gereelde en omvangryke motordienste

Gereelde instandhouding verseker die lewensduur van die belangrikste komponente van jou voertuig. Artikels wat beslis gereeld vervang moet word, sluit in filters en olies, wat ’n beperkte leeftyd het. Op ’n dieselenjin word die olie elke 10 000 km (of ná 12 maande) vervang en op ’n petrolenjin elke 15 000 km/12 maande. ACD gebruik net gehalte-onderdele wat deur ’n waarborg van 3 maande/ 10 000 km gerugsteun word.

Gereelde & omvattende diensintervalle

Dit is gebaseer op die vervaardiger se spesifikasie vir jou voertuig.

As ’n riglyn:

  • Petrolvoertuie elke 15 000 km of 12 maande
  • Dieselvoertuie elke 10 000 km of 12 maande

Gereelde dienste sluit in:

  • Vervang die enjinolie
  • Vervang die oliefilter
  • Vervang die lugfilter, indien nodig
  • Gaan die gloeilampe na
  • Gaan alle olies en vloeistowwe na
  • Komplimentêre was en stofsuig
  • 50-punt-assering-en-foutverslag

Omvattende diens (gewoonlik elke 30 000 km)

  • Vervang die enjinolie
  • Vervang die oliefilter
  • Vervang die petrolfilter
  • Vervang die lugfilter
  • Vervang die vonkproppe (indien nodig)
  • Gaan die gloeilampe na
  • Gaan alle vloeistowwe & olies na
  • Komplimentêre was en stofsuig
  • 50-punt-assering-en-foutverslag

50-punt-kontrole

ACD sluit by albei dienste ’n 50-punt-kontrole in waar onderdele nagegaan/aangepas word, en waar die eienaar ’n verslag ontvang van foute wat opgespoor is. Dit sluit in die nagaan van:

  • Enjinholte-onderdele
  • Voor- en agterremme
  • Voorste en agterste vering
  • Stuurstelsel
  • Verkoelingstelsel
  • Ontstekingstelsel
  • Diagnostiese verslag
  • Veiligheidskomponente
  • Battery- en & elektriese stelsel
  • Dryftrein-onderdele

Motorolieprodukte

Enjinolie en smeringprodukte word ál meer gesofistikeerd. Hierdie produkte olie nie meer net die enjin nie, dit het ook ’n groot invloed op die enjin se verrigting. Die voertuig se enjin bestaan uit heelwat bewegende onderdele, wat baie wrywing en slytasie veroorsaak. Die regte olie en smeermiddels help om hierdie slytasie teen te werk.

8. Vering

Veringkomponente hou jou voertuig op die pad. Skade weens slaggate en swak padoppervlakke kan sy tol eis en jou vering laat meegee weens die gewig van die voertuig en die konstante beweging. Hier is ’n paar dienste wat ACD in hierdie verband lewer:

Veringraamvervanging

ACD kan die veringraam opknap of vervang. Hulle gebruik slegs vervaardigers en goedgekeurde onderdele wat gerugsteun word deur ’n waarborg vir 3 maande/ 10 000 km.

Onderdeelvervanging 

Skokbrekers, busse, koeëlgewrigte en ander onderdele word alles gerugsteun deur ’n waarborg vir 3 maande/ 10 000 km.

Skakel Autocare & diagnostics by 011 879 6000; www.acdworkshop.co.za/

Besoek ACD vir enige herstelwerk en jy sal 25% afslag op alle arbeid kry. 

Bel: 011 879 6000

Besoek: ww.acdworkshop.co.za