Dit help om gereed te weesen ’n flits aan jou sy te hêdie dag wanneer jy sonderkrag sit. Dalk slaan Eskom toe met beurtkragby die huis en jy sit sondervuurhoutjies en kerse, of dalk het joumotorsleutels soek geraak in’n tienmantent, óf dalk wil jy ondersoekinstel buite die woonwa as jy ietsgehoor het.

’n Goeie flits kan die oomblik red.

Zartek- herlaaibare LED-kollig

In die kol

Die Zartek is meer ’n kollig as ’n flits en spog met ’n pistoolgreep om dit maklik te hanteer en in die rigting te skyn waarheen jy wil kyk. Hy het ook ’n los rooi lens (as jy byvoorbeeld op diere wil skyn), twee helderheidsverstellings asook ’n strobiese funksie.

Dit kan met twee soorte elektrisiteitsbronne herlaai: 220 V by die huis en 12 V in jou motor. Met sy 750 lumen-ligstraal skyn die Zartek 500 m ver.

Lengte 145 mm

Gewig 410 g

Prys R900 by Cape Union Mart.


Weg Ry & Sleep Die aansitknoppie het ’n veiligheidsmeganisme sodat jy nie per ongeluk iemand verblind nie.


Nebo Redline Blast

Bielietoorts

Van die twee Nebo-flitse waarna ons kyk, is hierdie model meer gerig op swaarder diens. Hy het drie straalverstellings, ’n strobiese funksie asook ’n noodsein (SOS), en hy is waterdig tot op ’n meter (vir 30 minute) as hy dalk in die water beland.

Die aan- en af-skakelaar is raaksensitief sodat jy maklik tussen die flits se modusse kan kies.

Lengte 174 mm

Gewig 425 g

Prys R700 by Camp & Climb.


Weg Ry & Sleep Die skakelaar sit agter by die onderkant en gloei in die donker.


Klarus AR10

Periskoop

Hierdie dun flits van Klarus het ’n unieke swaaikop. Hy kan regop staan, sy onderkant het ’n magneet (sodat jy hom teen ’n staalvoorwerp kan vassit), of jy kan die hakie gebruik as jy jou flits aan jou belt wil dra.

Hy het vier straalmodusse, twee strobiese funksies en skyn tot 1 080 lumens sterk.

Lengte 149 mm

Gewig 145 g

Prys R1 730 by Just Like Papa.


Weg Ry & Sleep Hierdie is net die flits om in en agter klein hoekies te skyn.


Nebo Slyde Plus

10 tot 100

Die Slyde Plus het heelwat funksies as ’n mens in ag neem hoe kompak hy is. Hy kan verleng word en sy lyf lamp hou.

Die lamp het ook ’n rooiligverstelling om na wilde diere te kyk en die strobiese stelling dien as waarskuwingslig. Elke straalfunksie se skynsterkte kan van 100% af tot by 10% stel.

Lengte 184 mm

Gewig 315 g

Prys R700 by Cape Union Mart.


Weg Ry & Sleep Die COB-LED-bondelligte sorg vir ’n lekker duidelike straal.


LiteOptec Bobcat

Ligswaargewig

Hierdie flits druk arm teen die groter ouens en staan sy man behoorlik. Met sy straal van 300 lumens het hy ’n hoë-, lae- en strobiese funksie. Die straal kan op ’n kleiner kol of groter gebied fokus.

Die flits het ook ’n ingeboude hakie sodat jy hom in jou sak of aan jou belt kan dra.

Lengte 113 mm

Gewig 75 g

Prys R189 by Camp & Climb.


Weg Ry & Sleep Alles aan dié flits is sakpas – die prys én hoe hy in jou broeksak pas.


LED Lenser MT18

Grootkêrel

As een van die groter flitse op hierdie blaaie kom die MT18 met ’n swaardiensmuurlaaier én hy het ’n verwyderbare litiumioon-battery.

Die straal skyn 540 m ver met sy 3 000 lumens, en die 10 200 mAh-battery sorg dat die flits vir 96 uur kan skyn.

Lengte 172 m

Gewig 630 g

Prys R3 200 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & Sleep ’n Mens kry ’n indrukwekkende sewejaarwaarborg as jy jou flits by LED Lenser registreer. 


NiteCore MH40GT

’n Flits duisend

Die NiteCore kan ’n indrukwekkende 803 m ver skyn wanneer ’n mens dit op sy helderste verstelling (uit vyf) gebruik. Hy gooi ’n ligstraal van ’n volle 1 000 lumens, en hy het ’n strobiese en noodseinfunksie.

Ondangs sy ronde kop het die flits ’n geriffelde afwerking sodat hy nie sommer op ’n gladde oppervlak rol nie. Hy het ook ’n belt-hakie.

Lengte 253 mm

Gewig 395 g

Prys R2 675 by Just Like Papa.


Weg Ry & Sleep Ná vyf minute se gebruik verminder die straalsterkte outomaties sodat hy nie oorverhit nie.


HybridLight Entrada

Bo en onder die water

Hierdie flits se battery herlaai nie net wanneer ’n mens hom in die son los nie, maar hy kry ook energie van ander soort ligbronne. ’n Rooi liggie wat flits, wys hy is besig om te laai.

Hy is waterdig tot 3 m en 5 m skokbestand. Gebruik die mikro-USB-sok as jy die flits vinnig wil laai. Sy straal van 80 lumens skyn 120 m ver.

Lengte 185 mm

Gewig 125 g

Prys R300 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & Sleep Die Entrada is nie net waterdig nie, maar kan ook dryf.


LiteOptec Strix 3

’n Boksie met lig

Hierdie flits kom in sy eie beskermende boksie van harde plastiek wat aan die binnekant met spons uitgevoer is. Hy spog ook met drie verskillende straalsterktes sowel as ’n strobiese en noodseinfunksie.

Die flits se 800 lumens stel jou in staat om tot 350 m ver te sien.

Lengte 148 mm

Gewig 165 g

Prys R550 by Cape Union Mart.


Weg Ry & Sleep Hierdie flits werk met sy eie herlaaibare battery of drie AAA-batterye.


Zartek- USB-herlaaibare LED-flits

Kyk so ’n rollie!

Hierdie flits het ’n sterk 3 200 mAh-litiumioonbattery wat vier uur hou op die flits se sterkste verstelling. Hy het ook ’n swakker verstelling en ’n strobiese funksie.

Omdat hy so lank is, kom hy nie met ’n sakkie nie maar ’n skede waarin jy hom dra. Sy 900 lumens skyn 350 m ver.

Lengte 265 mm

Gewig 370 g

Prys R570 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & SleepAl is dit ’n groot flits, laai jy hom maklik met met ’n mikro-USB-kabel.


Acebeam L16

Bring die gewere

Hierdie is Acebeam se helderste taktiese flits met ’n maksimumlewering van 2 000 lumens vir ’n ligstraal van 603 m.

Hy pas in ’n drasakkie en sy litiumioonbattery kan ’n mens verwyder om te laai (of in die flits los en met ’n USB-kragpunt verbind). Hy is skokbestand tot 1,2 m en waterdig tot ’n volle 2 m onder die water.

Lengte 156 mm

Gewig 205 g

Prys R2 195 by Extreme Lights.


Weg Ry & Sleep Die flits het ’n paar bykomstighede wat spesifiek gerig is op jagters, én hy het ’n klomp ander taktiese gebruike.


NiteCore Tube

Deur ’n ring

Deur ’n ring Hierdie USB-grootte flits kan maklik aan jou motor se sleutelhouer pas.

Sy LED-lig skyn 45 lumens sterk, en op sy helderste verstelling skyn die straal 24 m ver. En hy’s skokbestand vir ’n val van tot 1,5 m.

Lengte 111 mm

Gewig 140 g

Prys R265 by Just Like Papa.


Weg Ry & Sleep Dié flitsie is maklik om te laai: Jy prop hom met ’n mikro-USB-kabel by jou skootrekenaar in en siedaar! En met hom aan jou sleutelhouer het jy altyd lig.


Zartek Extreme Bright-flitslig

Klein botteltjie gif

Hierdie Zartek-flits het vyf straalmodusse: hoog, medium, laag, strobiese lig en noodsein.

Hy het ’n standaard-220 V-laaier asook ’n laaier vir jou kar se 12 V-kragsok. Sy 900 lumens skyn 480 m ver.

Lengte 165 mm

Gewig 205 g

Prys R845 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & Sleep Vir sy grootte is hierdie ’n lekker skerp flits.


Klarus Mi7

Krag in die penlig

Afhangend van watter soort penligbatterye jy gebruik, kan die klein Klarus-flits met sy sy CREE-LED-lig 330 lumens (gewone penligbattery) of tot 700 lumens sterk skyn (met herlaaibare litiumioonbatterye).

Die straal skyn 110 m ver, wat indrukwekkend is vir sy grootte. Dit sal hou tot 2 m onder die water, en hy het drie helderheidverstellings én ’n strobiese en noodseinfunksie.

Lengte 87 mm

Gewig 55 g

Prys R855 by Just Like Papa.


Weg Ry & Sleep Die flits word vir vyf jaar gewaarborg.


Trail Boss Zoom 3D

Halfpad óf alles

Hierdie grootseun het twee modusse waaruit jy kan kies: ’n 50%- of 100%-verstelling. En dan het hy ook ’n strobiese funksie as jy iemand se aandag wil trek.

Op volsterkte kry jy 1 000 lumens se lig wat vir tot vyf uur aaneen tot 126 m ver kan skyn.

Lengte 250 mm

Gewig 625 g

Prys R700 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & Sleep As dit moet, kan hierdie bielie van ’n flits as selfbeskerming dien.


LiteOptec GamePro Ninox

Eenstraal

Hierdie kollig het ’n los rooi lens waarmee jy snags na wilde diere kan kyk. Die sterkte kan nie verstel word nie, maar die 2 000 lumens van die CREE-LED-lig kan 750 m ver skyn.

Sy sakkie word met toutjies toegetrek om dit teen stof te beskerm.

Lengte 185 mm

Gewig 455 g

Prys R1 700 by Cape Union Mart.


Weg Ry & Sleep Hy is lig en word van duursame aluminium gemaak. 


Acebeam K65

Die son van flitse

Onder die Acebeam-reeks skyn die K65 die verste (net oor ’n kilometer) met ’n ligstraal van 6 200 lumens. Hy werk met vier 3 100 mAh- herlaaibare batterye en die flits het ook sy eie sakkie.

In die eko-modus gebruik hy net 5 lumens, wat beteken die battery gaan dan vir 60 uur hou. Die flits is waterdig tot 2 m en skokbestand tot op 1,2 m.

Lengte 185 mm

Gewig 840 g

Prys R4 195 by Extreme Lights.


Weg Ry & Sleep As jy baie ernstig is oor ’n flits (en nie omgee om te betaal nie), is dié ene vir jou.


Fenix UC30

Turboaangejaag

Die UC30 kom met ’n mikro-USB-laaikabel, ’n sakkie en ’n drabandjie – en het vyf verstellings: laag, medium en hoog, ’n strobiese lig asook ’n “turbo”-opsie.

Hiermee kan die straal van 960 lumens ’n volle 204 m ver kan skyn. Heel gaaf!

Lengte 129 mm

Gewig 125 g

Prys R1 195 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & Sleep Op sy sterkste verstelling (in die turbomodus) kan die Fenix 70 minute aaneen skyn.


LED Lenser P2

Die pen is magtiger

Die “bloumaanlig-tegnologie” gee ’n blou ring op die rand van die straal wanneer dit gefokus is. Die lig is opvallend helder en skyn 25 m ver met sy lig van 16 lumens.

Lengte 111 mm

Gewig 40 g

Prys R225 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & Sleep Sy sakkie help dat ’n mens hom nie verloor nie, want hy het skaars die lyf van ’n pen.


Trail Boss- verlengbare LED-kamplantern-en-flits

Hang so ’n bietjie aan

Die Trail Boss kan tot 163 mm verleng word en gee dan lig soos ’n lantern. Ideaal vir jou tent. Hy voel lig in die hand en spog met ’n lussie waaraan jy hom kan ophang.

Sy 110 lumens beteken die donker begin anderkant 40 m.

Lengte 112 mm

Gewig 140 g

Prys R100 by Outdoor Warehouse.


Weg Ry & Sleep Hierdie flits is nie net meerdoelig nie, maar boon-op bekostigbaar.