Alle werknemers wat nie fisiek by die aanleg hoef te wees nie, werk egter waar moontlik steeds van die huis af.

Werkers op die aanlegvloer móét te alle tye ’n masker dra, en 20 t handreiniger is aangeskaf sodat werknemers hulle hande kan ontsmet.

Nissan se Rosslyn-aanleg het sy deure op 1 Junie heropen, maar het kort vóór daardie datum die Gautengse premier, David Makhura, en sy afvaardiging ontvang om Nissan se veiligheidsmaatreëls rakende die virus aan die premier te verduidelik. “Ons is geweldig bly om alle Covid-19-inspeksies te slaag en ons sien uit om ons werknemers terug te verwelkom” het Mike Whitfield, voorsitter van Nissan Afrika, by die geleentheid gesê.

Toyota het versigtig tot die mark toegetree deur sy arbeidsmag tot net onder 50% te verlaag toe vlak 4 van die inperking in werking getree het. Die maatskappy laat sy werknemers nou stadig terugkeer en elkeen word ondersoek vir enige tekens van Covid-19.

Teen druktyd was Toyota se mikpunt om produksie by sy Prospecton-aanleg in Durban tot 75% op te stoot. “Ons leer uit die geskiedenis dat krisisse soos dié die wêreld onherroeplik verander. Sake gaan nooit weer dieselfde wees nie, maar ons sal daarby aanpas” sê Andrew Kirby, grootbaas van Toyota Suid-Afrika.

Nuusbrokkies Julie 2020
Nuusbrokkies Julie 2020
Nuusbrokkies Julie 2020
Nuusbrokkies Julie 2020
Nuusbrokkies Julie 2020
Nuusbrokkies Julie 2020
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. 

Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook