Elke keer wanneer ons ’n resep vir iets soets op Facebook deel, raak dit een van ons gewildste artikels. Ons legendariese yskaslagiepoeding het die massas gelok en die grondboontjieroomyskoek is wyd en syd gedeel.

Hier kyk ons terug na ons heel beste soetgoedresepte, klik op 'n poeding se naam vir die volledige resep!

1. Aarbei-en-room-yskastert

Jy kan dié yskaskoek in ’n japtrap aanmekaar slaan. Dis veral lekker as dit effens sag is.



2. Grondboontjiebotter-roomyskoek

Maak dié maklike roomys-droompoeding met Oreo’s en kyk hoe almal toustaan... En boonop het jy net 'n klitser, bak en vrieskas nodig!



3. Moerkoffiepoeding

As dit ’n spesiale geleentheid soos Kersfees is, neem 8 mooi klein flessies saam – een vir elkeen. Anders kan jy dit sommer in gewone blikbekers maak.



4. Melktertroomystoebroodjie

Melktertroomys tussen 'n krakerige kaneelkoekie! Maak dit self, jy het nie ’n roomysmasjien nodig om hierdie roomys te maak nie!



5. Amarula-broodpoeding

Ou croissants kry nuwe lewe gebak met ’n skeut Amarula!



6. Sjokolade-en-koffiepoeding

Hierdie is ’n treffer – goedkoop en flatervry. Jy kan dit net so maklik in ’n swartpot maak as jy weggaan.



7. Marinda se roomyskoek

Marinda Engelbrecht van Kokkedoor-faam het hierdie spoggerige roomyskoek met ons gedeel.



8. Tinkie-en-peppermintcrisp-laagpoeding

As Peppermint Crisp ’n man was, en Tinkie ’n vrou, was hulle beslis getroud.



9. Rolo-oliebolle

Wees die kinders se held en maak vir hulle doughnuts op die kampstofie.



10. Yskaslagiepoeding

Wie soek ’n skeppie karamel-en-sjokolade-poeding? Kom gou want dié bak word tjoef-tjaf leeg.