Die chalets by De Bakke.
Kom bly op die strand.

1. DE BAKKE-STRANDCHALETS

Kom bly op die drumpel van die see in die pragtige selfsorg-chalets by De Bakke in Mosselbaai. 

Met sy 46 ten volle toegeruste selfsorg-eenhede kan jy verstaan hoekom plaaslike en internasionale besoekers toustaan om hier te oornag. Families en sakereisigers is welkom. Hier kan jy na hartelus aan watersport deelneem, luilekker op die strand ontspan of swem. Die chalets is gerieflik naby aan die sakekern, die Garden Route-casino en die Mosselbaai-gholfbaan geleë. 

Die hele gesin kan kom kamp.
Hier is oorgenoeg kampplek
As jy nader aan die see kamp, sal jy wegspoel
Die kampplek is naby baie geriewe.
Woonwaens is welkom

2. DE BAKKE-SANTOS-KAMP- EN WOONWAPARK

Die kampplek by De Bakke-Santos is een van Mosselbaai se bekendste bakens. Met meer as 370 ruim staanplekke, is Santosstrand en De Bakke (’n strand met blouvlagstatus) binne maklike bereik. Jy kan ook van hier af die res van die Tuinroete verken.

Die kampterrein word goed in stand gehou en die ablusiegeriewe is nuut. Hier kan jy vriendelike personeel en uitstekende veiligheid verwag. ’n Verskeidenheid van winkels en restaurante is loopafstand vanaf die kampterrein. Die sakekern van Mosselbaai, die Garden Route-casino, St Blaize-ligtoring en die Mosselbaai-gholfbaan is ook net 10 minute ver.

De Bakke
Kom speel op die strand.
Myle se silwerskoon strande
De Bakke is 'n Blouvlagstrand.j

Die oord het:

• Klouterplek vir die kinders
• Desember-aktiwiteite vir die hele gesin 
• Direkte toegang tot die strand

Ook in die omgewing

Watersport: ski, bootvaarte, skuba, valskermseil
Perdry
Fietsry
Helikopterritte
Wildbesigtigingsritte
Die Langeberg-winkelsentrum
Tennisbane
Garden Route-casino
Restaurante
Spa’s
Mosselbaai-gholfbaan
Museums en galerye
Staproetes 
Wynproe
Pretpark
Nagklubs
Fliekteaters

info@debakkesantos.co.za

www.debakkesantos.co.za

076 058 7153 of 044 690 3760