Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

7 Passes Tented Camp

7 Passes Tented Camp
7 Passes Tented Camp

Verblyf bestaan uit ses permanente tente by die water, en elke tent het sy eie houtdek met uitsigte oor die dam en die Outeniquaberge.

Kontak: 079 403 6585; info@7passes.co.za; www.7passes.co.za

Stap langs die strand by Wings, Kenton-on-Sea

Wings, Kenton-on-Sea
Wings, Kenton-on-Sea

Kenton-on-Sea is op die R72 tussen Port Elizabeth en Oos-Londen, waar die Boesmans- en die Kariegariviere in die Indiese Oseaan uitmond. Hier kan jy veilig swem en rustig stap op die lang en sanderige strande en rotsagtige inhamme. Wings is ten volle selfsorg vir tot vier gaste en is heeltemal apart van die eienaar se akkommodasie. Slenter af strand toe.

Kontak: 083 626 4172; wings@casbusol.co.za

In The City, in die stad

In The City
In The City

Ons woonstelle is pragtig gemeubileer, perfek vir 'n naweek in die stad, naby aan die V&A Waterfront en Seepunt-promenade. Puik weelde in 'n pragtige omgewing met gasbraaigeriewe op die dag.

Kontak: 082 769 8883; reservations@inthecity.co.za; www.inthecity.co.za

Hajo's Lodge & Tours: Voel tuis in Milnerton

Hajo's Lodge & Tours
Hajo's Lodge & Tours

Hajo's Lodge is 'n lieflike vierstergastehuis net 'n paar kilometer van Kaapstad se middestad in die idilliese woonbuurt Milnerton. Die gastehuis is in 'n stil en veilige buurt, binne stapafstand van gewilde winkels en restaurante, asook 'n pragtige strand met pragtige uitsig oor Tafelberg en Kaapstad. Die kamers is stylvol ingerig en is in 'n pragtige tuin met 'n swembad en 'n hele reeks geriewe. Ons voldoen aan die Covid-19-veiligheidstandaarde.

Kontak: 021 555 8700; info@hajo-sa.comwww.hajo-sa.com

Wagon Wheel Country Lodge: Gerieflik om te oornag in Beaufort-Wes

Wagon Wheel Country Lodge
Wagon Wheel Country Lodge

Wagon Wheel Country Lodge is gewild vir bekostigbare oornagverblyf. Ons het kamers wat twee, drie, vier, vyf en ses gaste huisves. Daar is vyf selfsorgeenhede. Vir die wat op soek is na 'n gerieflike bed en warm stort, het ons ekonomiese kamers en rugsakstapperverblyf. Daar is 10 karavaanstaanplekke en 'n tradisionele Karoo-restaurant en kroeg wat daagliks oop is vir aandete en ontbyt. 24-uur-ontvangs sodat jy vroeg kan vertrek en laat kan aankom.

Kontak: 023 414 2145; info@wagonwheel.co.za

Monte Vista Boutique Hotel, Montagu

Monte Vista Boutique Hotel
Monte Vista Boutique Hotel

Geleë tussen berge en wingerde vind jy die prentjiemooi Montagu. Ons het die ideale agtergrond waarteen jy kan ontspan by die swembad of in die pragtige tuin. Die perfekte boetiekstyl wegkomkans.

Kontak: 060 547 3676; res@mvbh.co.za; montevistaboutiquehotel.co.za

Spier Hotel & Wine Farm, Stellenbosch

Spier Hotel & Wine Farm, Stellenbosch
Spier Hotel & Wine Farm, Stellenbosch

Die Spier-hotel is geleë op die historiese Spierwynlandgoed in die hartjie van die Stellenbosch-wynlande, net 20 minute vanaf die Kaapstad- internasionale lughawe. Ruim kamers langs die Eersterivier is die karakter van die viersterhotel. Ons kamers is om ses binnehowe gebou, en elke binnehof het sy eie swembad. Die ontwerp herinner aan die Bo-Kaap of Middellanse See-dorpies waar voetgangers voorkeur kry.

Kontak: www.spier.co.za

Umngazi Hotel & Spa: Jou strandvakansie by die Wildekus

Umngazi Hotel & Spa
Umngazi Hotel & Spa

'n Bekroonde, unieke strandhotel en spa waar ontspanne weelde die antwoord is. Die wonderlike natuur en ongelooflike kultuur maak dit die perfekte plek vir paartjies en gesinne.

Kontak: requests@umngazi.co.za; www.umngazi.co.za; 047 564 1115/6/8/9

Egte rus en vrede by The Lofts Boutique Hotel, Knysna

The Lofts Boutique Hotel, Knysna
The Lofts Boutique Hotel, Knysna

Hierdie luukse boetiekhotel is by die Knysna-lagune en bied rustigheid en puik gasvryheid. Die hotel se unieke ligging gee gaste die geleentheid om van die heel beste uitsigte oor die Knysna-riviermonding te geniet. Daar is drie tipes kamers, van luukse dakkamers tot selfsorggeriewe wat perfek is vir gesinne. Ontspan in ons Atrium-sitkamer terwyl jy skemerkelkies geniet, spandeer die dag langs die swembad of vra ons kundige span vir voorstelle oor plaaslike aktiwiteite.

Kontak: +27(0)443025710, reservations@thelofts.co.za, www.thelofts.co.za

Karoo Soul Backpackers & Cottages, Oudtshoorn

Karoo Soul Backpackers & Cottages
Karoo Soul Backpackers & Cottages

Die opstal is geleë op een van die boonste heuwels in Oudtshoorn wat uitkyk oor die omliggende asemrowende omgewing en sonsondergange, en daar is 'n heerlike swembad en kuierpatio. Bekostigbaar en tog stylvol. Ons stukkie paradys.

Kontak: 0442720330 0827817361 / 0721887270; info@karoosoul.com; www.karoosoul.com

Stop op Route 62 by Haarlem Guesthouse

Haarlem Guesthouse
Haarlem Guesthouse

Die gastehuis is op Roete 62 en maak deel uit van die Langkloof, die tweedegrootste sagtevrugte-gebied in Suid-Afrika. Die gastehuis het vier ruim slaapkamers met en suite-bad en -stort, ten volle toegeruste kombuis, DStv, braaikamer, swembad, speelgebied vir kinders en 'n houtdek wat oor Roete 62 en die Kougaberge uitkyk. Ons het veilige parkering en die huis het CCTV-kameras.

Kontak: 082 497 9135 (watts app); pat.jerry@absamail.co.za

MyPond Hotel, Port Alfred

MyPond Hotel, Port Alfred
MyPond Hotel, Port Alfred

MyPond Hotel is 'n pragtige vierster-boetiekhotel op die oewer van die Kowierivier in Port Alfred. MyPond word bestuur deur een van die mees invloedryke Hotelbestuurskole op die Afrika-kontinent: Stenden Suid-Afrika. As 'n gas sal jy dus uitstekende diensstandaarde geniet, asook hartlike en toegewyde gasvryheid in 'n pragtige omgewing.

Kontak: bianca.ambraal@nhlstenden.com; 071 798 9663; www.mypondhotel.com

Iets vir almal by Balmoral Lodge

Balmoral Lodge
Balmoral Lodge

Balmoral Lodge is 'n gastehuis in die hartjie van Bellville. Bellville is geleë op die Tygerbergheuwels en het uitsigte oor die Kaapse wynstreek. Ons bied standaard-, luukse en superieure akkommodasie om elke styl en sak te pas. Ons nooi korporatiewe, ontspannings- en reisende gaste om Balmoral Lodge as hulle basis te gebruik terwyl hulle sake doen of hierdie unieke gebied verken.

Kontak: info@balmorallodge.co.za, www.balmorallodge.co.za

Sandriver Lodge, St Francisbaai

Sandriver Lodge, St Francisbaai
Sandriver Lodge, St Francisbaai

Bed en ontbyt wat deur eienaar bestuur word en in 1996 gestig is. Stap na die strand, restaurante, winkels en gholfklub. Bly in ruim, skoon en gerieflike kamers wat met die baai se gevoel ingerig is. Maaltye word met liefde deur die eienaarsjef voorberei met die beste plaaslike bestanddele, en alles tuisgemaak. Jy is welkom en hier kan jy ontspan.

Kontak: 0731923709; info@sandriverlodge.co.za

Oude Werf Hotel: Die oudste werkende hotel in SA!

Oude Werf Hotel
Oude Werf Hotel

As die oudste werkende hotel in Suid-Afrika het ons 'n geskiedenis wat meer as drie eeue teruggaan, en het al 'n paar brande oorleef en ontwikkel tot die luukse hotel wat jy vandag voor jou sien, toegewy aan groen gasvryheid  en om terug te gee aan die gemeenskap.

Kontak: (021) 887 4608, hotel@oudewerf.co.za, www.oudewerf.co.za

African Perfection: Eksie perfeksie in Jeffreysbaai

African Perfection
African Perfection

Deur TripAdvisor gegradeer as die nommer 1-bed-en-ontbyt in Jeffreysbaai – die verpersoonliking van die strandleefwyse. Die twee huise in Pepperstraat met lugreëling, het direkte toegang tot kilometers van ongerepte strand. African Perfection 1 het agt en suite-kamers wat individueel met 'n Afrika-geur ingerig is.

African Perfection 2 kombineer weelde en gerief om jou tuis te laat voel in hierdie selfsorgfasiliteit. Vir 'n salige strandvakansie, met die uitsigte om dit te bewys.

Kontak: 042 293 1401; 084 207 1337; info@africanperfection.co.za; www.africanperfection.co.za

DoubleTree by Hilton; Kaapstad

DoubleTree by Hilton
DoubleTree by Hilton

Geleë in Woodstock, die modieusste woongebied van Kaapstad. Ons het 183 pragtig ingerigte kamers en nege konferensieplekke. Ons het ook vervoer na en van die V&A Waterfront of binne 'n 10 km-radius van die hotel vir individuele korporatiewe gaste.

Kontak: 021 404 0570; lindsay.barrett@hilton.com; www.capetownuppereastside.doubletree.com

Sien die Groot 5 by Jabulani

Jabulani
Jabulani

Jabulani is 'n unieke safarilodge in 'n Groot 5-reservaat in die Groter Krugerwildtuin. Hierdie luukse Relais & Châteaux-lodge is geskep om 'n trop olifante wat gered is te ondersteun en ons bly toegewy aan hulle sorg en welstand. Gaste het die kans om hierdie diere van naderby te ervaar. Ons bied safariritte, bosskemerkelkies, en meer.

Jabulani gebruik hulle inkomste uit toerisme om vir die trop olifante te sorg en verwelkom ander olifantwesies. Gaste kan hulle dophou wanneer hulle in pragtige harmonie saans by die dam stap, tesame met ander natuurtonele wat jy net hier te sien sal kry.

Kontak: (+27) 12 460 7348; res@jabulanisafari.com; www.jabulanisafari.com

Ghost Mountain Inn – Verken Zululand

Ghost Mountain Inn
Ghost Mountain Inn

Aan die voet van die legendariese Ghost Mountain in Mkuze in die noordelike KwaZulu-Natal lê die betowerende Ghost Mountain Inn. 'n Verhaal van familiegeskiedenis en 'n ingebore liefde vir Afrika maak hierdie bekroonde hotel die ideale ligging vanwaar jy die wild- en kusreservate van Zululand kan verken.

Van die onvermydelike romanse van die Jozini-meer tot die ongelooflike tonele van die Lebomboberge, van die natuurlewe van die uMkhuze-wildreservate en die erfenis van die Zulukultuur tot die rustigheid by die spa – ons beloof om  jou 'n onvergelyklike ervaring te gee.

Kontak: +27(0)35 573 1025; www.ghostmountaininn.co.zagmi@ghostmountaininn.co.za

Muluwa Lodge: Ontdek die Laeveld

Muluwa Lodge
Muluwa Lodge

Met asemrowende uitsigte oor die pragtige Laeveld bied Muluwa-lodge puik Afrika-weelde en verblyf tesame met ons hartlike en egte Muluwa-gasvryheid.

Ideaal geleë om die Krugerwildtuin te besoek en Mpumalanga te verken – of bloot te ontspan en ons omgewing te geniet, omring van die tonele en klanke van die natuur.

Kontak: muluwa.co.za; +27 12 667 5360; centralres@muluwa.co.za; +27 82 939 0629