Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

Trekker-ritte en verblyf op Protea Plaas, Montagu

Protea Plaas
Protea Plaas

Die ritte het sedert die ontstaan daarvan in 1985 'n legende geraak. Die algehele ervaring is propvol verrassings en pret vir die hele familie, met asemrowende uitsigte van veral die KOO- en Breërivier valleie. Bo-op die berg Arangieskop word muskadel en droë vrugte bedien en om die rit af te rond wag daar 'n smaaklike tradisionele boere-potjiekos by die skaduryke piekniek-area.

Kom geniet Liesa's potjiekos-middagete saam met die Protea Plaas-trekkerrite Woensdae en Saterdae.  Met 'n vaste spyskaart van drie verskillende potjies, lekker tuisgebakte brood en nagereg is die middagete goeie waarde vir jou geld.

Die verblyf bestaan uit drie kothuise Pine Tree, Ou Opstal, Waterblommetjie en Panorama en spog met  'n kaggel en braai-area.

Kontak: 023 614 3012 of info@proteafarm.co.za

Bluegum Farm Cottage, Caledon: Geniet die mooiste uitsig!

Bluegum Farm Cottage
Bluegum Farm Cottage

Bluegum Farm Cottage – die ideale akkommodasie vir 'n wegbreek.  Pragtige, privaat geleë selfsorghuisie op 'n plaas tussen Caledon en Villiersdorp. Die huisie het twee slaapkamers – een kamer met dubbeldbed en die ander met twee enkelbeddens.  Ten volle toegeruste kombuis, leefarea met binnebraai en 'n groot buitestoep met 'n buitebraai.

Die badkamer het 'n bad en 'n stort.  Beddegoed en handdoeke word voorsien. Kom geniet die mooiste tonele vanaf die buitestoep – groen koringlande of golwende goue heuwels in die somer.

Kontak: 0728441024, bluegumcottage@hotmail.com

Groenfontein-gasteplaas, Calitzdorp

Groenfontein-gasteplaas
Groenfontein-gasteplaas

Ervaar die hemelse prag en paradysstilte in twee pragtige plaashuise, wat met liefde gerestoureer is.

Braai by die rivier, stap in die berge of doen daguitstappies na die asemrowende Tuinroete en Klein-Karoo. Ekovriendelike sonkrag bedien die goed ingerigte huise in 'n geweldlose gebied. TV, linne, handdoeke en braaihout is ingesluit by die selfsorghuisies.

Kontak: 078 707 6031; info@groenfonteinfarm.co.za; www.groenfonteinfarm.co.za

Span uit op Die Stoep, Calitzdorp 

Die Stoep
Die Stoep

Die Stoep is 'n Karoo-styl plaashuis in Calitzdorp. Dit is ten volle toegerus vir selfsorg en huisves agt tot 10 gaste in drie slaapkamers. Daar is lugreëling en 'n plonspoel vir die warm maande en elektriese komberse en twee kaggels vir winterwarmte. 'n Toegemaakte binnehof het 'n ingeboude braai en sitplek waar 'n mens lekker kan kuier. Die huis word as 'n eenheid verhuur. Ons is troeteldiervriendelik. 

Kontak: 082 539 2551; sally.claasen@gmail.com

Bella Manga Country Escape

Bella Manga Country Escape
Bella Manga Country Escape

Bella Manga is net buite Plettenbergbaai en het mooi ingerigte B&O-kamers asook selfsorgeenhede in 'n rustige plaasomgewing. Die eienaar bestuur die plek en fokus op persoonlike aandag en landelike gasvryheid. Ideaal vir gesinne, paartjies en groepe. 

Kontak: 083 632 3018; info@bellamanga.co.za; www.bellamanga.co.za

Rustigheid by Kaleo-gasteplaas, Ceres

Kaleo-gasteplaas
Kaleo-gasteplaas

Rustige en stil gasteplaas en trou-lokaal. Weg van die stadsgewoel. Kom skep onvergeetlike herinneringe tussen die berge en wonderlike rotsformasies.

Kontak: 082 875 3656; functions@kaleomanor.co.za

Melton Wold- gasteplaas: Kom weg van die stadsgejaag

Melton Wold Guest Farm
Melton Wold-gasteplaas

Melton Wold is tussen Victoria-Wes en Loxton en is 'n werkende skaap- en wildsplaas en bied 'n volledige vakansieplek weg van die stadsgejaag. Dit is in 1935 opgerig en is die oudste gasteplaas in Suid-Afrika. Al die kamers het 'n waaier, paneelverwarmer, elektriese kombers en outydse radio.

Die plaas teel met sy vee, veral met Karoolam en springbokke, en is nét die plek vir uitstekende kos. Ons is gesinsgerig en is perfek vir familiesamekomste, verjaarsdae, konferensies en troues. 

Kontak: 053 621 1912; info@meltonwold.co.za

Kuier by Celebratio Granaatplaas, Oudtshoorn

Celebratio Granaatplaas
Celebratio Granaatplaas

Kom kuier op 'n uitvoer-granaatplaas in die hartjie van die Klein Karoo, bekend vir sy pragtige sterrehemel en vars lug. Ons het twee selfsorgeenhede wat elk vier kan slaap asook die ou plaashuis, perfek vir agt mense. Elke eenheid is ten volle toegerus en het sy eie private braai.

Daar is ook 'n gesamentlike swembad. Die plaasdonkies Saartjie en Nostril en klein Pippie sal jou vrolik begroet wanneer jy die werf inry.

Kontak: 082 335 6059, marita@celebratio.co.za, www.celebratio.co.za

Raak rustig by Breekwal Gastehuis, Clanwilliam

Breekwal Gastehuis
Breekwal Gastehuis

Goed toegeruste, heerlike leefhuis met rustige atmosfeer op die plaas.  Heerlik ruim binne- en buitebraai. Veilig, lugreëling in kamers en omhein. Grasperk heerlik vir kinders en diere.  Kom ontspan op die stoep wat oor die wingerd uitkyk.

Kontak: 072 469 4848; breekwal@gmail.com  

Avoca River Cabins, Addo: Ontspan op 'n plaas

Avoca River Cabins
Avoca River Cabins

Geleë in die pragtige sitrus- en roosboerderygebied van die Sondagsvallei , 20 minute se ry vanaf die Addo-olifantpark. Bly oor in ons Riverside Chalets, Mud Huts, Uncle Townies, Bush Camp Cottages, Castle en die bekende Tree Tops Cottage. Ons plaas is 'n plek waar gesinne kan ontspan en kinders kan speel. Ons het twee konferensie- en troufasiliteite. 'n Vars plaasontbyt word elke dag bedien en aandete kan vooraf gereël word. Daar is 'n aantal aktiwiteite, 'n ietsie vir almal, asook daaglikse oopvoertuigtoere na die Addo-olifant- nasionale park.

Kontak: 0826779920; avocafarm@gmail.com; www.avocarivercabins.co.za

Damsedrif-gasteplaas: Besoek die Baviaanskloof

Damsedrif Gasteplaas
Damsedrif-gasteplaas

Ons bied stil akkommodasie op 'n werkende plaas in die hartjie van die asemrowende Baviaanskloof.

Kontak: 0498391026; damsedrif@gmail.com; www.damsedrif.co.za

Krakadouw Cottages: Omring deur die Sederberge

Krakadouw Cottages
Krakadouw Cottages

Krakadouw se selfsorgkothuise is geleë op Dwarsrivierplaas ongeveer 13 km vanaf Clanwilliam. Die plaas is geleë aan die voet van die Krakadouwspits, omring van die Sederberge. Daar is twee riviere, swemgate, staproetes en drie pragtige huisies met baie karakter.

Hier moet jy lank genoeg vertoef om die sonsopkomste en sonsondergange te sien en ook die bobbejane op die rotse dop te hou. En, as jy gelukkig is, die luiperd se gebrul hoog op in die berge te hoor.

Kontak: 082 472 9226; 021 100 3747; krakadouw@mylan.co.za; www.krakadouw.co.za

Sit op die stoep by Fernhil-gasteplaas, Knysna

Fernhil-gasteplaas
Fernhil-gasteplaas

Ons ten volle selfsorgkothuise het 'n pragtige stoep wat oor die plaaskampe kyk. Die kothuise self kan tot vyf persone elk huisves. Daar is 'n houtkaggel binne en onderdakbraai op die stoep.

Kontak: 079 403 6585; admin@fernhillguestfarm.co.za; www.fernhillguestfarm.co.za

Holt Hill Forest Stay

Holt Hill Forest Stay
Holt Hill Forest Stay

Ons deel hierdie spesiale plaas met reisigers sodat hulle die rustigheid en kunstig ingerigte plekke kan geniet. Ons is sentraal geleë ten opsigte van die Tuinroete, net 10 minute se ry na die strande, woude en dierehawens.

Gaste deel 'n kombuis en die plaashuis het en suite-badkamergeriewe met privaat ingange. Daar is vier kamers op die eerste verdieping van ons kothuis. Twee van die kamers is begrotingskamers met dubbelbeddens wat vier gaste elk huisves.

Kontak: 082 499 6295; carla@modelvision.co.za; FB Holt Hill Forest Stay                 

Oakhurst Farm Cottages, Wilderness

Oakhurst Farm Cottages
Oakhurst Farm Cottages

Ons bied selfsorgakkommodasie op ons pragtige plaas. Ervaar 'n gesonde snytjie landelike saligheid vir die hele gesin. Van stylvolle en gerieflike akkommodasie tot allerhande pret vir die hele gesin.

'n Besoek hier sal jou vir altyd bybly in die jare wat kom. Hier kan jy stap, hengel of fietsry op die baie kilometers van enkelpaadjies in die woud. As jy eers hier is, sal jou kinders nie wil huis toe gaan nie.

Kontak: 0824617669; www.oakhurst.co.za

Bitou River Lodge: Weelde op die Bitourivier

Bitou River Lodge
Bitou River Lodge

Bitou River Lodge bied weelderige plaashuisverblyf reg op die Bitourivier. Dink voëls, bome, groen spasies, vrede. Sielstyd. Roei op die rivier en kyk na die otters en voëls. Hou die sonsondergang dop met jou tjoppie op die braai en 'n glas van die rooi in jou hand. Plett self is net tien minute hiervandaan met sy oulike winkels en wonderlike restaurante.

Aktiwiteite? Dis Plett, onthou! Boetiekbrouery, abseil, brugspring, woude, lagunes, strande, wynproe, en diere: olifante, ape, voëls, katte en selfs slange. 

Kontak: 0829786164; info@bitou.co.za; www.bitou.co.za

Driekwartblou Gastehuis en Venue, Gariepdam

Driekwartblou Gastehuis en Venue
Driekwartblou Gastehuis en Venue

Ons bied luukse oornaggeriewe op 'n werkende Karooplaas op die walle van die Gariepdam. Alle eenhede is en suite, het DStv en lugversorging en 'n mooi uitsig op die dam. Die kamers het 'n volledig toegeruste kombuis en braaigeriewe is beskikbaar.

Kontak: 082 578 7622

Owl's Rest – Die tuiste van olyfprodukte

Owl's Rest
Owl's Rest

'n Besoek aan die BAR-vallei is nie volledig as jy nie aangedoen het by Owl’s Rest Olive en Lavender Farm nie. Dit is geleë op Roete 62 tussen Robertson en Ashton aan die voet van die Langeberge.

Gaste kry die geleentheid om 'n werkende laventel-, roosmaryn- en roosmalvas te ervaar en te sien hoe die oes plaasvind en dan gedistilleer word om produkte te verkry. Die plaas bied ook 'n vars vermenging van ekstra suiwer olyfolies, heerlike tafelolywe en tapenades en heerlike gebottelde vrugte.

082 497 9329, info@owlsproducts.co.za, www.owlsproducts.co.za

De Hoop Cottages, Robertson

De Hoop Cottages
De Hoop Cottages

Word deel van die natuur by De Hoop Cottages en geniet asemrowende berguitsigte. Geleë op 'n plaas aan die voet van die Langeberge, bied ons bekostigbare selfsorgakkommodasie in vier kothuise van verskillende groottes.

Die huisies het elektrisiteit, eie badkamers, binne- en buitebraaigeriewe en dekke en is toegerus met yskas, mikrogolf, ketel, breekware en messegoed. Beddegoed en handdoeke word verskaf. Daar is ook 'n boshut beskikbaar vir die meer avontuurlustiges – slegs gasfasiliteite en aparte ablusieblokkie. Die boshut is toegerus met die nodige, maar beddegoed word nie verskaf nie.

Kontak: 023 626 4154, info@dehoopcottages.co.za, www.dehoopcottages.co.za

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Kom geniet die rustige atmosfeer op 'n werkende saai- en veeplaas. Ons het drie selfsorgeenhede. Die Farm Stay huisves vyf mense, en die twee kothuise huisves elk twee mense.

Geniet ware Swartlandse gasvryheid, gaan stap (of ry fiets) op die plaas of op die Porseleinbergreeks, of besoek een van die wynplase of olyfboetieks in die omgewing. Bly oor met een van die feeste in die Riebeek-vallei of na 'n troue by een van vele trouplekke in die omgewing. Die huis en kothuise is taamlik luuks ingerig. Kom geniet die stilte en verkwik jou liggaam en siel.

Kontak: 082 896 9124; info@dassenheuwel.co.za; www.dassenheuwel.co.za

Doen dit!

Kloovenburg Wine & Olives

Kloovenburg Wine & Olives
Kloovenburg Wine & Olives
Kloovenburg Wine & Olives
Kloovenburg Wine & Olives

Kloovenburg is 'n klein boetiekplaas geleë in die Swartland op die hange van die Riebeekberg. Ons bied wynproe, olyfproe en wyn-en-olyfparing. 

Kontak: 022 4481635; admin@kloovenburg.com

Kruisaar-padstal; Annette Oelofse se sybokhaar, wol en natuurlike vesels

Kruisaar-padstal
Kruisaar-padstal

Vir 70 jaar is die padstal, geleë in die enigste Hoplande in Afrika op Roete N9/N12, bekend vir vars vrugte  en wyne uit die area en is landwyd bekend vir die beste roosterkoek, pannekoek, sop, hop en ingemaakte produkte. Ons bedien 'n regte plaasontbyt met heerlike koffie en smoothies.

Ons spesialiseer en bied die grootste verskeidenheid  Suid-Afrikaans vervaardigde, natuurlike veselprodukte van Annette Oelofse  Bokhaar en Wol in SA. Bokhaarkouse en skaapvelprodukte is hier te koop – van pantoffels tot mediese skaapvelprodukte. Ons is oop sewe dae van die week van 8vm tot 5.30nm

Kontak: 082 466 6174; farmstall9@gmail.com, www.mohairblanket.co.za

Stop by Oudebosch- padstal, Tsitsikamma

Oudebosch Farm Stall
Oudebosch-padstal

Besoek ons koffiewinkel vir heerlike roosterkoek en die beste koffie op die dorp. Leer ken die hasies, Rocky die haan en Roxy die hen. Daar is 'n heerlike speelarea vir kinders. Ons het ook 'n geskenkwinkel en supermark vir jou daaglikse benodigdhede. Die lokaal met sitplek vir 120 is beskikbaar vir funksies en konferensies.

Kontak: oudeboschfarmstall@igen.co.za