Dit bied die onverskrokke selfbestuur-kampeerder boskampplekke toegerus met 'n stort, spoeltoilet en wasbak. Water word voorsien, maar bring jou eie drinkwater. Elke kampstaanplek kry die eerste nag vuurmaakhout, waarna dit by die hooflodge gekoop kan word.

Elke kampstaanplek kan maksimum 20 gaste en vier voertuie in een groep akkommodeer. 'n Staanplek word bespreek vir die uitsluitlike gebruik van julle groep, of julle nou twee of 20 mense is, en word nie gedeel met ander reisigers nie. Ons is geleë tussen die Moremi-wildreservaat en Chobe- nasionale park.

Kontak: 072 523 2796; reservations@wildsideafrica.net;www.wildsideafrica.net/mankwe-camp-sites.php

Mankwe
Mankwe