Daar is elektrisiteit, 'n waterkraan en 'n braai-area. Ons het ook boomhuise wat uitkyk oor die Kavangorivier. Ons elektrisiteit word deur die son aangedryf. Toestelle soos lugversorgers, ketels, mikrogolwe, geisers en haardroërs kan nie gebruik word nie. Alle proppunte het tydhouers.

Neem deel aan die aktiwiteite om die ware gevoel van die gebied te kry. Die Mokoro-vaarte is puik en baie tipies van die streek. Daar is ook witwatervlotvaart vir avontuurlustiges.

Kontak: +264 66 259 903; +264 81 202 8200; bookings@ngepicamp.com; ngepicamp.com

Ngepi
Ngepi