Die lugverkoelde kamers langs die swembad is enkel of dubbel, met muskietnette, en suite-stort en toilet, USB-prop en 'n koffiestasie. Die kombuisies is ten volle toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolf, ketel en breekgoed.

Jou motor word onderdak parkeer en jy het 'n private tuin met braaigeriewe. Die safari-tente het drie beddens met 'n waaier, krag- en USB-proppe.

Die gemeenskaplike ablusieblok het storte met warm water.

Kontak: +26 464504038; brandberg@africaonline.com.na 

Brandberg
Brandberg