Swakopmund is werklik ’n oase aan die kus van Namibië waar die immergroen palmbome, ongerepte stande en diepblou Atlantiese Oseaan jou bekoor. Hotel Zum Kaiser is sentraal geleë in Sam Nujoma-rylaan en is binne loopafstand vanaf die strand, bekende jetty en dorp. 

Welkom by Hotel Zum Kaiser.
Ontvangs
Jy word met drankies verwelkom

Hierdie prentjiemooi dorp bied unieke Duitse argitektuur, ’n ryk geskiedenis, verskeie koffiewinkels en stalletjies met handgemaakte produkte uit Namibië. Vir die avonturier is daar ’n wye verskeidenheid van aktiwiteite wat direk by Zum Kaiser se ontvangs bespreek kan word. 

Hotel Zum Kaiser het 21 kamers wat elk toegerus is met lugversorging, ’n badkamer met beide ’n bad en stort, televisie, koffie- en teegeriewe, klein yskassie, kluis asook internet. Hierdie eksklusiewe hotel bied ’n kombinasie van familie-kamers, vooraansigkamers, kamers wat na binnehof uitkyk asook ’n luukse suite.

Die vooraansigkamers het ’n privaat balkon van waar uitsigte oor die historiese dorpie en Atlantiese kus geniet kan word. 

Vooraansig kamer
Die suite
Die suite
Volledige badkamer
Binnehof kamer
Dubbelkamer
Volledige badkamer
Uitsig vanuit ‘n vooraansig kamer

Die restaurant op die perseel, Bistro Zum Kaiser, kombineer Duitse en Namibiese geure in geregte wat met bekroonde wyne voorgesit word. Buiten ’n ontbytfees en ligte maaltye, kan jy ook hier aanklop vir heerlike koffie. 

Die ontbytvertrek
Vars vrugte by die ontbyt
Gedeelte van die ontbyt
Die bistro.

Die hotel se dak is ’n ideale plek om met ’n drankie te ontspan terwyl jy uitkyk na waar die duine van die Namibwoestyn die brullende Atlantiese Oseaan ontmoet. Kom ook hierheen om deur die skouspelagtige sonsondergange bekoor te word. 

Kom kyk die sonsondergang op die dakterras.
Kom kuier op die dakterras
Die dakterras.
Die uitsig vanaf die terras.
Die dakterras.

Hotel Zum Kaiser het goeie konferensiegeriewe. Verversings kan gereël word en die bistro, konferensiesaal en dakterras is beskikbaar vir partytjies en gesellighede. 

Laat ons span u verwelkom en op die hande dra soos ’n keiser by Hotel Zum Kaiser! 

Gebruik die spesiale promosiekode WEGBREEK om vir afslag in aanmerking te kom. Die aanbod is geldig van 1 Desember 2018 tot 30 Junie 2019. 

Webwerf: www.hotelzumkaiser.com 

Besprekings: 021 930 4564; wegbreek@hotelzumkaiser.com 

Volg ons op Facebook