Grassland Bushman Lodge is 'n wonderwêreld geleë op die grens  van die Sentraal-Kalaharireservaat in Botswana. Daar is agt goed ingerigte chalets, elk met sy eie en suite-badkamers, beddens, kaste en spieëltafel. Daar is nooit 'n vervelige oomblik by Grasslands nie.

Gaste doen dinge op hulle eie pas. Ons fokus op vier hoofaktiwiteite: 'n breedvoerige San (Boesman)-ervaring, wildbesigtigingsritte soggens en saans, ons unieke roofdierprojek en perdrysafari’s vir ervare ruiters – waar gaste naby aan die natuur kan kom.

Kontak: 087 057 1284; reservations@grasslandlodge.com; grasslandbushmanlodge.com

Grassland Bushman Lodge
Grassland Bushman Lodge