Daar is 60 suites wat uitkyk oor die ses puik vlieghengeldamme en die onderste deel van die Blaauwbankspruit wat deur die ongerepte Zwartkopravyn kronkel.

Die lodge huisves tot 120 gaste in vyf konferensiekamers en twee kleiner vergadersale. Spa-konferensiepakkette en vlieghengelpakkette is beskikbaar en daar is ook 'n opelug-kapel en geriewe vir troues van tot 120 gaste. Die klein, maar puik natuurreservaat is die tuiste van talle wildsoorte en volop voëllewe.

Kontak: www.guvonhotels.co.za/kloofzicht-lodge/reservation@kloofzicht.co.za; 011 317 0600