Die landelike 16-bed-lodge is in 'n pragtige sandwoud op die waterweë van die Kosi-meerstelsel en bied gerieflike verblyf in hout-, grasdak- en seil-chalets met romantiese buitelug-badkamers.

'n Paradys vir natuurliefhebbers wat verken kan word met 'n kano, deur bosuitstappies en 4x4-ekskursies na ongerepte strande in die omgewing waar daar puik snorkelgeleenthede is. Geniet 'n skemerkelkie op die swembaddek.

Kontak: 035 474 1473; res@isibindi.co.za; www.kosiforestlodge.co.za

Photo at Kosi Bay . Kosi Forest Lodge near Lake Sh
Kosi Forest Lodge