Dit is een van die min plekke ter wêreld waar hierdie aasvoëls nog floreer. Die Afrika-wildehond is nog 'n bedreigde spesie wat jy van jou privaat balkon af kan sien.

Sien die Groot Vyf teë en hoor verhale van geskiedkundige figure om die vuur terwyl die tromme en Zulu-koor jou vermaak. Die geluide van die nag en die rivier sal jou aan die slaap sus. Alles waaraan die son hier raak, is die kapteinsgebied van die Biyela-stam; jy is hulle gas op hierdie bewaringsmodel van die Hluhluwe Imfolozi-park.

Die Biyela-mans en -vrouens bedien jou trots en berei elke dis met liefde voor – dis hulle erfenis, en daarom wil hulle 'n sukses daarvan maak.

Kontak: 041 404 9300; reservations@mantiscollection.com; www.mantiscollection.com/hotel/mantis-biyela-lodge-umfolozi/

Mantis Biyela Lodge
Mantis Biyela Lodge