Dit is 'n magiese plek van kuswoud, grasland, bos en glinsterende mere asook wonderlike sandstrande. Ideaal vir snorkel, skubaduik en voëlkyk.

Geniet begeleide voël-, skerpioen en spinnekopuitstappies en skilpadspoorsny in seisoen. Die 12 grasdak-bossuites het 'n uitsig oor die oseaan of die woud en is uiters privaat. Uitstekende kos kan in die buitelug geniet word.

Dit is ook net die plek vir pasgetroudes, gesinne en enigeen wat net wil ontspan.  

Kontak: 035 474 1473; res@isibindi.co.za; www.thongabeachlodge.co.za

Thonga Beach Lodge
Thonga Beach Lodge